Bejaarde boer beroof naby Low's Creek
BARBERTON - Die polisie is op soek na drie verdagtes wat vanmiddag betrokke was by 'n plaasroof op die Low's Creek pad.
'n Boer, die bejaarde Johannes Hermanus Fourie (74), is in sy huis op die plaas Joe's Luck oorval. Die rowers, gewapen met 'n mes, het Fourie vasgebind en spore gemaak met 'n vuurwapen, televisie en selfoon.
Volgens Kol Johan Engelbrecht van die Barberton SAPD is Fourie nog sterk en gesond vir sy ouderdom en was gelukkig om ongedeerd van die petalje te ontsnap. “Die saak word ondersoek en ons vra enigiemand wat inligting het om na vore te kom,” het Engelbrecht versoek.
Kontak Barberton SAPD by 013-712-2233.
Artikel: Anchen Coetzee vir Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch
Foto: iStock/Getty Images