Lomati Dam op Maandag, 6 Maart. Foto: Thys Venter

Lomati Dam is halfpad daar

Posted in News by Anchen Coetzee on 6 March, 2017 at 4:56 p.m.


Videomateriaal: Thys Venter.

Na twee jaar van versengende droogte, waarin die vlak van die Lomati Dam onder 0% gaan draai het, het Barbertonners nou rede om breed te glimlag. Na die goeie reën wat vanaf Desember geval het, die reën van die onlangse Dineo-sikloon inkluis, het die vlak van die Lomati Dam op Maandag, 6 Maart, op 42.2 persent gestaan.

Volgens die ouer garde van die gemeenskap was dit die ergste droogte wat die streek nog ondervind het vanaf 1991. Daar word vertel dat dit toe baie erger was as nou, maar dat dit slegs ‘n jaar en ‘n half geduur het en nie soos die huidige droogte wat al digby twee jaar aanhou nie.

‘n Munisipale werknemer, wat annoniem wil bly, het Maandag gesê: “Ek skat indien ons aanhoudende goeie reën ontvang, die kans groot is dat die dam teen die einde van April op 100 persent kan staan,”

Volgens Thys Venter, Superintendent van Water en Riool in Umjindi, is die inloop nog sterk en behoort die damvlak Vrydag op tussen 43 – 45 persent te staan.

Geskryf deur: Anchen Coetzee / Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee