'Daywalkers' van Moorreesburg: Almal se kind. Almal se wond.

Posted in News by Anchen Coetzee on 27 February, 2020 at 9:06 p.m.

Terwyl die regerende party van Suid Afrika hulself sit en dik vreet aan die bredie van belastinggeld, vergaan hawelose kinders van die honger in ons dorpe en stede. Die deursnee landsburger het nie die middele om so 'n uitspattige lewe te lei soos die ministers nie, maar die meeste mense kan darem ‘n paar rand per maand afstaan om nog ‘n mond te help voed.

Daar is baie faktore wat bydra dat ‘n kind op straat opeindig. Geweld, armoede, dood en heel dikwels mishandeling. Daar is straatkinders wat op 7-jarige ouderdom al meer rou wonde in hul binneste saamsleep as iemand wat die ouderdoms-eweknie is van Metusalag.

Ons almal ken die prentjie. Jy klim in jou voertuig. Skielik verskyn daar ‘n gesiggie langs jou ruit. Jou irritasie is oombliklik, want jy kan nie elke kind wat bedel geld in die hand prop nie. Nie net weet jy nie waarvoor die geld aangewend word nie, maar help jy hom werklik met die paar rand? Of is dit juis hierdie aksie wat daartoe aanleiding gee dat die bedel-kultuur inderdaad baie lonend geword het in ons land en die res van die wêreld?

Hoe dit ookal sy, die uitdaging rondom die versorging van hawelose kinders word al hoe dringender by die dag. Daar is doodeenvoudig nie genoeg welsynwerkers, vrywilligers en barmhartige Samaritane om al die balle in die lug te hou nie. Wanneer ‘n mens na die groter prentjie kyk – en sien dat daar in 2004 reeds 100 miljoen straatkinders wêreldwyd was (UNICEF) – voel die probleem oorweldigend.

Wanneer jy egter inzoem op eie bodem sal jy besef dat, indien almal hulle kant bring, ‘n positiewe skuif moontlik is. Nie net in hierdie kinders se lewens nie, maar ook aan die kwaliteit van lewe van die hele gemeenskap.

Moorreesburg verskil geensins van ander plattelandse dorpe wat die aanwesigheid van straatkinders aanbetref nie. Een ding wat Moorreesburg wel het, is mense soos Martha Erasmus, ‘n vrou met ‘n plan.

Africa InTouch News het onlangs, tydens ‘n informele onderhoud met Erasmus, meer te wete gekom oor haar visie. Ons het ook ‘n geselsie aangeknoop met ‘n voormalige jeugwerker, George Faroa, wat passievol is oor die opheffing van, soos hy hierdie straatkinders heel gepas noem, "daywalkers", want van die kinders wat aldag op straat is, is nie noodwendig haweloos nie.

Kyk ook die volgende video op Africa InTouch News se YouTube kanaal:
Human Trafficking - Ma van twee slagoffers praat oor mensehandel

 

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee