Hoffman Maritz

Maritz terug om versterking te bied aan Steval Pumas agterlyn

Posted in Sport by Admin on 15 September, 2016 at 12:33 p.m.

Die meeste veranderinge is aan die Steval Pumas se agterlyn gemaak vir Saterdag se Curriebeker-wedstryd teen DHL Westelike Provinsie op Nuweland. 

Die senter, Hoffman Maritz, wat in 2015 as die Pumas se Curriebeker-speler van die jaar aangewys is, maak sy eerste verskyning van vanjaar se veldtog ná hy 'n operasie moes ondergaan vir ‘n dyspierbesering. Maritz sal inskakel op buitesenter, terwyl Hennie Skorbinski oorbeweeg na nommer 12. As gevolg van ‘n enkelbesering val Marlou van Niekerk uit. Tyler Fisher is terug as agterlyn dekking na hy ‘n een-wedstryd skorsing toegeken is. 

"Hoffman is 'n man wat ons regtig gemis het dié seisoen en dit is opwindend om hom terug te hê. Ons sal op hom steun om dinge te maak gebeur op die middelveld en vertrou dat hy ‘n redelike impak sal hê wanneer die bal in sy hande is," het Steval Pumas se afrigter, MJ Mentz gesê.

Ruwellyn Isbell, wat ‘n vuur-inspuiting na die agterlyn gebring het as plaasvervanger teen die Vodacom Blou Bulle, het vir homself 'n beginplek op regtervleuel verdien voor Bernado Botha.

Ruwellyn Isbell

Daar is een bevestigde verandering in die voorspelers-linie, met Khwezi Mona wat sal inkom vir De-Jay Terblanche op loskopstut. 
Mentz het gesê dat sy span se lopie van vyf verliese nie spruit uit die verkeerde wedstrydplan nie, maar eerder uit 'n gebrek aan uitvoering.

"Daar is nog nie 'n enkele wedstryd waar ons voel ons het die dinge wat ons tydens oefening doen korrek uitgevoer nie. Ons het baie werk ingesit op vaste fasette aangesien dit ‘n gebied is wat ons in die steek gelaat het. Ons sal ook aandag daaraan gee om die bal in die hand te hou en meer vryheid van spel aan die dag te lê," sê Mentz.

Die wedstryd op Nuweland skop af om 17:10.

The Team


 

Township tennis coaches show youngsters how it's done

Over the weekend, the coaches put some kids into training at the dilapidated Emjindini tennis courts. The response was overwhelming.
Richard Nkosi

Stellenbosch MTB-rider, Ike Klaassen, back on the podium in France

Klaassen is one of the few South Africans that managed to get to France to compete recently.
Admin

Top action sports event headed for Sun City

Make sure to grab your tickets for an action sports experience not to be missed!
Craig Jarvis

Protea legends unite to hit poverty for a six

Duminy expressed the need for similar events with government and corporate backing.
Admin