Solidariteit eis nou groter deursigtigheid oor Amsa-gesprekke met regering

Posted in News by Pieter Jordaan on 24 January, 2025 at 10:54 a.m.

Solidariteit verwelkom hernude gesprekke tussen ArcelorMittal SA (Amsa) en die Suid-Afrikaanse regering oor oplossings vir die dreigende sluiting van Amsa se langstaalfabrieke in Newcastle en Vereeniging.


Die vakbond en sy lede eis egter groter deursigtigheid oor die uitkoms van hierdie gesprekke aangesien soortgelyke gesprekke reeds sowat ʼn jaar lank onder groot geheimhouding gevoer is sonder enige wenslike uitkomste vir Amsa en sy werknemers.
Verteenwoordigers van Solidariteit was vandeesweek in konsultasie met Amsa se bestuur waartydens redes vir die sluiting van langstaalaanlegte en die gevolglike afleggings gegee is.


Volgens Willie Venter, adjunkhoofsekretaris vir die metaal- en ingenieursbedryf by Solidariteit, bly baie van die vakbond se kritiese vrae hieroor steeds onbeantwoord.


“Amsa se voorlegging wys uiteraard hoe beroerd die finansiële posisie rakende langstaalprodukte oor die algemeen is. Ons het begrip daarvoor. Tog moes gesprekke hieroor en optrede lankal plaasgevind het om Newcastle en Vereeniging se aanlegte te herposisioneer.
“Ons kan ook nie nét op die regering se toetrede staatmaak nie, want indien dit enigsins help, sal dit hoogstens op die korter termyn van waarde wees. Amsa moet oop kaarte oor sy toekomsplanne speel. Solidariteit en sy lede neem die saak baie ernstig op en ons gaan nie sit en wag vir 3 500 poste om geneutraliseer te word nie,” sê Venter.


Konsultasie tussen vakbonde en Amsa se bestuur sal aanstaande week voortduur. Terugvoer word dan verwag oor nuwe gesprekke tussen onder meer pres. Cyril Ramaphosa en ArcelorMittal se internasionale hoof, Lakshmi Mittal, by die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) in Davos, Switserland, waaroor wyd berig is.

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee

VSA-tariewe: Laaste kans vir Ramaphosa om groot werksverliese te red

“Die SA regering het die land en sy mense gefaal en ideologiese stiksienigheid en politieke arrogansie gaan gewone mense hulle werk kos.”
Pieter Jordaan

SA regering by VN-agentskap aangekla oor verbreking van ras-skikking

"Hierdie is die volgende stap in Solidariteit se stryd teen die rasmalheid van die Suid-Afrikaanse regering."
Pieter Jordaan

Soar into savings with OppiDam's winter specials

Set on the banks of Vygeboom Dam, OppiDam offers a variety of accommodation options.
Anchen Coetzee