Stock photo: Mikail Duran.

Tik-epidemie: Die hel van metamfetamienverslawing

Posted in News by Anchen Coetzee on 20 December, 2023 at 7:02 p.m.
Vir verskeie jare reeds kan inwoners van veral die Wes-Kaap getuig van dit wat bekend is as een van die mees misbruikte straatdwelms, 'tik'. 'n Ernstige bekommernis is dat Riviersonderend, soos ander dorpe in die omgewing, nie hierdie monster kon vryspring nie.

In 2008 reeds is berig dat kinders in die Theewaterskloof area van so jonk as reeds 10 jaar oud in die kloue van hierdie dwelm verval en dat die kanse op rehabilitasie baie skraal is.

Gedurende hierdie onderhoud het Zackary Johnston, 'n lid van die Theewaterskloof Opkomende Boerevereniging in die Caledon-gebied, kommer uitgespreek oor hierdie jong ouderdom van tik-gebruikers. 

Dit is nou ongeveer 16 jaar later, maar die moontlikheid dat groter verslawing onder kinders toeneem tydens die vakansieperiode, is steeds 'n nare werklikheid. 

Dikwels is finansiële struikelblokke die kern van die probleem, dikwels groepsdruk, maar dikwels kan dit ook bloot voor die deur van die ouers gelê word - vir verskeie redes. 

Tik is nie 'n eksklusiewe Suid-Afrikaanse dwelm nie, maar eerder 'n plaaslike straattaal-term vir die wêrelwye Metamfetamien of kristalmet. 

Sommige spekuleer dat die term "tik" afkomstig is van die kenmerkende knetter-geluid wat ontstaan wanneer hierdie kristallyne gerook word en kom dikwels voor in die vorm van wit of gebreekte kristalle wat tot 'n fyn poeier gestamp word. Dit bied verskeie roetes van gebruik. Dit kan gerook, gesnuif of  ingespuit word. Alhoewel minder algemeen is daar selfs gevalle waar dit mondelings geneem word.

Volgens die mees onlangse verslag van die Verenigde Nasies se Kantoor vir Dwelms en Misdaad (UNODC), is daar 'n beduidende toename in die smokkel van Metamfetamien in Afrika-lande. Oor die afgelope dekade het beslaglegging van hierdie dwelms verdrievoudig in vergelyking met die vorige 10 jaar. Uit die 26 lande waarvan melding gemaak word in die verslag is dit noemenswaardig dat hierdie beslagleggings bykans die helfte van alle Afrika lande verteenwoordig. In Mozambique en Suid-Afrika is die grootste hoeveelhede Metamfetamien in beslag geneem, met Nigeria 'n kortkop agter.

Tik veroorsaak 'n warrelwind van effekte. Gebruikers word in 'n wêreld van euforie geslinger, een waar dit dikwels 'n inspuiting van energie tot gevolg het. Hartklop en bloeddruk skiet omhoog, terwyl libido styg en eetlus afneem. Om alles te kroon word gebruikers se gemoed geteister deur paranoia, verwarring en selfs waansin. 

Die verwoestende nagevolge is dat gebruikers merkbaar impulsief raak en  roekelose besluite neem. Hierdie gedrag oorvleuel alle aspekte van hul lewens, van die alledaagse tot die meer riskante soos roekelose bestuur, gevaarlike seksuele gedrag en eskalerende aggressie, wat dikwels tot konfrontasies lei. 

Chroniese tikmisbruik eis ook 'n tol op die liggaam. Nie net veroorsaak dit nierskade en lewerskade nie, maar dit rig onherstelbare skade aan die brein en verhoog die risiko van aanvalle en beroertes.

Gebruikers sukkel met paranoia en hallusinasies en mees ontstellende gevolge van hierdie dwelm is psigose. Die effekte van die dwelm talm lank nadat die persoon gerehabilteer is. 

Die erns van tikverslawing vereis professionele ingryping. Wanneer psigose intree, word 'n kombinasie van terapie en mediese behandeling noodsaaklik. Tik is een van die moeilikste verslawings om te bowe te kom, en die pad na herstel is gevul met uitdagings.

Rivier Rekord doen 'n beroep op veral die ouers, en ander volwassenes in die Wes-Kaap gemeenskappe in wie se sorg jong kinders is, om bedag te wees op waar, en met wie, jou kinders hul tyd deurbring.

As jy of iemand wat jy ken hulp met dwelmverwante sake benodig, kliek asseblief hier vir 'n omvattende lys van Suid-Afrikaanse dwelmverslawing, alkoholrehabilitasie, en geestesgesondheidshulplyne.

Redakteur: Anchen Coetzee
Subredakteur: Ethan Cane 

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee