Sedert sy ontstaan is Plaasmol Padstal 'n prominente kenmerk in die gemeenskap. Beslis nie jou standaard "padstal" nie.

Fenomenale Fransie praat sonder "airs" of "graces"

Posted in News by Anchen Coetzee on 24 May, 2022 at 8:29 a.m.

Op die R45, sowat vyf kilometer suid van Hopefield, in die rigting van Langebaan, sal jy een van dié streek se bes bewaarde geheime vind. Die Plaasmol.

Benewens familiebesit en -bedryf, beskik die plaas oor 'n koffiewinkel/restaurant, curio/geskenkwinkel, juwelierswinkel, ‘n kwekery en die immergewilde Route45 Waterhole.

Alhoewel ons blaaie vol kan skryf oor Die Plaasmol, stel ons meer belang in die vrou wat dit alles moontlik gemaak het. Verál omdat sy ‘n enkelouer is wat nooit gaan lê het nie, ongeag die hoeveelheid uitdagings wat die lewe voor haar deur kom stort het. Wanneer die woorde van haar eie lippe val, sal dit ook die beste, en mees onopgesmukte, weergawe wees.

'n Sterk vrou wat die kronkels en heuwels op haar eie pad reguit en plat gestap het, is Fransie Rossouw van die Plaasmol padstal gewis.

Al was Vrouedag reeds gevier in mooiste Maart, is daar geen rede hoekom ons dit nie ‘n lang stert kan gee, én dit kan sleep, Mei uit en Junie in nie.

Die liberale dame kan immers menig reël verbreek terwyl sy steeds die voormoeders behaag 😉.

 

Wit landdros bly in sy pos

“Dit is verblydend om te sien dat kwota-gedrewe aanstellings nie as algemene praktyk in die howe geduld word nie."
Admin

Sakeredding vir Sibanye-Stillwater om werk te red

“Dit is duidelik dat die maatskappy nie bereid is om in die beste belang van sy werknemers op te tree nie."
Admin

VPI: Laat rentekoers onveranderd; dereguleer brandstofprys

Volgens Du Buisson sal ʼn verlaging in die brandstofprys ook uitkring na voedselpryse.
Admin

Gangsters disarmed in Kensington and Manenberg

The 28-year-old suspect was caught in possession of an unlicensed shotgun.
Admin