Stock Image: Unsplash - Pawel Czerwinski @pawel_czerwinski.

Telkom skuld werknemers bykans R5 miljoen na arbitrasie

Posted in News by Admin on 19 July, 2021 at 3:42 p.m.

Solidariteit het vandag bekendgemaak dat hy vir die tweede keer ʼn arbitrasietoekenning teen Telkom gewen het wat verband hou met die interpretasie van die salarisverhogings van April 2017 vir Telkom-werknemers. Dit volg nadat Solidariteit in 2016 ʼn ooreenkoms met Telkom aangegaan het waarvolgens die partye op ʼn 6%-salarisverhoging, wat in April 2017 in werking sou tree, ooreengekom het. 
 
Solidariteit het aangevoer dat Telkom egter nie by die ooreenkoms gehou het nie en nie die bepalings daarvan nagekom het nie. Dit het meegebring dat meer as ʼn duisend werknemers onregverdig benadeel is.
 
“Telkom het eensydig besluit om die 6%-verhoging op die 50ste persentiel van elke individu se funksionele area te bereken en nie, soos ingevolge die ooreenkoms, op die totale pakket van elke individuele werknemer nie,” verduidelik Linda Senekal, sektorkoördineerder vir die kommunikasiebedryf by Solidariteit.
 
Solidariteit verduidelik dat hierdie saak sedert 2017 gesloer het aangesien Telkom die eerste arbitrasietoekenning wat in Solidariteit se guns was op hersiening geneem het.  Die saak is op hersiening na die arbeidshof geneem, is weer terugverwys vir arbitrasie en ná etlike moeilike arbitrasiesessies, wat vanaf Februarie 2020 tot Mei 2021 geduur het, het Solidariteit weer die saak gewen.
 
“Die oorwinning is groot in dié sin dat dit ʼn waarskuwing aan ʼn groot instelling soos Telkom is om nie ligtelik met ooreenkomste om te gaan nie.  Solidariteit het die ooreenkoms geteken na aanleiding van die mandate wat hy vanaf sy lede ontvang het en sou nie ʼn ooreenkoms aanvaar het wat nie in die werknemers en lede se beste belang was nie,” verduidelik Senekal. “Ons grootste oorwinning lê daarin dat Telkom gemaan kan word om in die toekoms die regte ding te doen, om gehoor te gee aan ooreenkomste en om nie eenvoudig net sy ooreenkomste en beleide ten koste van werknemers eensydig te wysig nie.”
 
Volgens die bevel moet Telkom die werknemers ingevolge die bepalings van die ooreenkoms soos in 2016 ooreengekom vergoed, wat beteken die 6%-salarisverhoging moet op die individu se totale pakket toegestaan word.  Werknemers moet dus, waar van toepassing, ingevolge die 2016-ooreenkoms terugwerkend vanaf 1 April 2017 vergoed word.
 
“Te midde van hierdie ongelooflike uitdagende tyd waarin werknemers té gereeld die spit weens die inperking en die pandemie moes afbyt, is dit verblydend om te weet dat wanneer salarisse vandeesmaand by Telkom uitbetaal word, werknemers wat daarvoor in aanmerking kom, saam ʼn ekstra R4,6 miljoen in hul sakke sal kan steek. Ons is absoluut verheug hieroor,” sluit Senekal af.

Redakteur: Anchen Coetzee / iOlogue Media 
Ingedien deur: Johnell van Vollenhoven / Solidariteit Media- en Skakelbeampte

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee