Voorraad foto: iStock.

Wit landdros bly in sy pos

Posted in News by Admin on 3 December, 2021 at 1:46 p.m.

Solidariteit het vandag die uitspraak van die hoogste hof van appèl in Bloemfontein teen die landdroskommissie en onder andere die minister van justisie en korrektiewe dienste, verwelkom. Die uitspraak volg nadat die partye teen ʼn vorige uitspraak appèl aangeteken het omdat ʼn wit waarnemende landdros, John Lawrence, hom tot die hof gewend het omdat sy aansoek om permanente aanstelling geweier is.
 
“Hierdie uitspraak van die appèlhof in Bloemfontein dien die regering en al sy instansies se rasse-ideologie en pogings om dit oral af te dwing ʼn enorme bloedneus toe. Ons is verheug oor die uitkoms vir mnr. Lawrence wat hierdie stryd moes voer om ʼn permanente aanstelling te mag beklee en nou weer daaroor uitgedaag is en dit bloot op grond van die kleur van sy vel. Dit is absoluut belaglik dat die regering en sy instansies tot hierdie vlak sal daal bloot omdat hulle ʼn afkeer in ʼn spesifieke ras het,” sê Anton van der Bijl, hoof van regsake by Solidariteit.
 
Volgens die uitspraak kan die gewig van ras nie absoluut wees en ander faktore soos ervaring en kwalifikasie buite berekening stel nie. Regter Potterill stel dit verder dat die hof bekommerd is oor die prosesse wat gevolg word om kortlyste vir posisies in die howe op te stel en dat kandidate nie uitsluitlik op grond van ras uitgesluit kan word nie.
 
“Dit is verblydend om te sien dat kwota-gedrewe aanstellings nie as algemene praktyk in die howe geduld word nie. Dit is Solidariteit se hoop dat die staat by die genuanseerde benadering soos deur die howe voorgeskryf, sal berus. Sou die staat hom egter tot die konstitusionele hof wend om sy rasmal-agenda verder te voer, sal Solidariteit aansoek doen om as vriend van die hof in die saak toe te tree om in daardie hof verder teen die regering te veg,” sluit Van der Bijl af.

Ingestuur deur: Solidariteit Media

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee