Voorraad foto: iStock.

Sakeredding vir Sibanye-Stillwater om werk te red

Posted in News by Admin on 3 December, 2021 at 1:31 p.m.

Solidariteit het vandag aangekondig dat hy van mening is dat Sibanye-Stillwater hom vrywillig onder sakeredding moet plaas. Dit volg nadat dié mynhuis tydens loononderhandelinge dit duidelik gemaak het dat hy nie van plan is om gebeurlikheidsplanne in te stel om afleggings af te weer nie.
 
Volgens Solidariteit het Sibanye-Stillwater geen voorneme om in goeder trou te onderhandel nie en neem hy nie die belange van sy werknemers in ag nie. Sy fokus is om aan alle partye wat by die onderhandelinge betrokke is te bewys hoe sleg die maatskappy finansieel daaraan toe is in plaas daarvan om oplossings te vind en sy werknemers markverwant te vergoed.
 
“Dit is duidelik dat die maatskappy nie bereid is om in die beste belang van sy werknemers op te tree nie. Hy bepleit armoede en hang swak finansiële prestasie en kontantverliese deurlopend aan die groot klok en sy oplossing is om personeel vir die afsienbare toekoms te sny en skrapse verhogings aan te bied eerder as om die bestuur van die maatskappy te verander. Ons stel voor dat hy hom eerder tot sakeredding wend om die maatskappy sodoende op dieselfde volhoubare groeitrajek te plaas as Harmony Gold en Gold Fields,” sê Gideon du Plessis, hoofsekretaris van Solidariteit.
 
Volgens Solidariteit was ander goudmynhuise meer geneë om te onderhandel en het die marginale Village Main Reef (VMR), ʼn meerjarige skikking onderteken met dieselfde vakbonde wat tans met Sibanye-Stillwater onderhandel vir ʼn verhoging van 5% vir myners, ambagsmanne en amptenare en ʼn R800-verhoging vir kategorie 4 tot 8-werknemers. Harmony Gold se skikking was selfs heelwat hoër. Sibanye-Stillwater bied egter veel minder as sy eweknieë aan, en Richard Cox, uitvoerende adjunkpresident vir Sibanye se goudbedrywighede word herhaaldelik in die media en interne kommunikasie aangehaal waarin hy aanvoer dat die maatskappy slegs verhogings van onder die inflasiekoers kan toestaan.
 
Du Plessis wys daarop dat Solidariteit tydens onderhandelinge versoek het dat daar ʼn bepaalde skikkingspersentasie sal wees wat tot ʼn moratorium op afleggings kan lei. Sibanye het egter geweier en het aangedui dat daar geen skikking is wat afleggings sal kan afweer nie.
 
“Dit is skokkend dat die maatskappy geensins bereid is om in te tree om sy werknemers te beskerm nie. Harmony Gold het op dieselfde vraag van Solidariteit dadelik gereageer dat hy deeglike personeelbeplanning doen om sodoende enige afleggings te kan afweer. Sibanye-Stillwater weier doodeenvoudig. Dit is om hierdie rede dat ons op vrywillige sakeredding aandring. ʼn Ervare sakereddingspraktisyn is moontlik al wat die mynhuis nodig het om sy topbestuur se ruim vergoedingspakkette te kan hersien en homself weer op ʼn pad te plaas waar volhoubare groei moontlik is en waar hy dieselfde vergoeding en sekuriteit as ander mynhuise aan sy werkers kan bied.”
 
“Die laaste konsiliasiesessie onder toesig van die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), vind op 13 Desember plaas. Indien die mynhuis hom nie self onder sakeredding wil plaas nie, versoek ons dat hy nie enige aansoeke daarvoor sal teenstaan nie, of beter nog, dat hy van hierdie laaste geleentheid gebruik sal maak om in goedertrou te onderhandel,” sluit Du Plessis af.

Ingestuur deur: Solidariteit Media

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee