Voorraad foto: Steven Cornfield @stevencornfield.

Hofdatum om regering se entstofmonopolie te beveg

Posted in News by Admin on 27 January, 2021 at 7:35 p.m.

Solidariteit en AfriForum sal op 2 Maart in die hof wees vir sy saak teen die minister van gesondheid, dr. Mkhize, en die minister van samewerkende regering, dr. Nkosazana Dlamini-Zuma, oor die regering se implementeringsplan vir Covid-19-entstowwe. 

Solidariteit en AfriForum voer in hul hofstukke aan dat die regering se verspreidingsplan vir entstowwe ongrondwetlik is. Volgens dié organisasies sluit die regering die privaat sektor doelbewus uit deur dié sektor nie toe te laat om self entstowwe te koop, versprei of toe te dien nie. Die twee instellings voer verder aan dat daar ʼn dringende behoefte aan entstowwe bestaan. Die verspreidingsproses word egter deur die staat se sentralisering van entstowwe vertraag.

“Die antwoord vir vinnige en doeltreffende verspreiding van die entstof lê nie in die nasionalisering daarvan nie. Ná herhaaldelike mislukkings is vertrouensvlakke in die regering met rede laag. Dieselfde regering wat noodfondse tydens ʼn pandemie gesteel het, gaan nie vertrou word om die entstofproses goed te bestuur nie. As ons vir die regering gaan wag om entstowwe alleen aan te verskaf, gaan ons jare wag; iets wat ons as privaat burgers bloot nie kan bekostig nie. Die privaat sektor moet in staat gestel word om by die aankoop en verspreiding van entstowwe betrokke te raak,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI).

Dié hofsaak word gevoer om die regering se planne te stuit om die entstofproses te sentraliseer. Die twee instellings vra dat die hof bevel gee dat die privaat sektor wel aankope van entstowwe mag doen.

“Die regering se weiering om duidelikheid aan AfriForum en Solidariteit te gee oor sy planne om die aankope en verspreiding van entstof te monopoliseer, bewys dat hy dit belangriker ag om sy mag te konsolideer eerder as om lewens te red. Ons het duidelik hier te make met ʼn regering wat min waarde aan deursigtigheid heg en wie se beloftes om dialoog met die publiek te voer en hul kommentare te oorweeg, slegs lippediens is,” sê Ernst van Zyl, veldtogbeampte vir strategie en inhoud by AfriForum.

Die organisasies voer aan dat spoed die belangrikste faktor is wanneer dit by entstowwe kom. Eerder as een plan vir miljoene mense word miljoene planne deur miljoene mense benodig, meen AfriForum en Solidariteit.

“Niemand voer aan dat die regering nie entstowwe moet aankoop nie – die regering moet vanselfsprekend entstowwe vir die openbare gesondheidsektor aankoop. Ons voel net uiters sterk daaroor dat die staat se rol beperk moet word tot dié van een van vele rolspelers in die verkryging en verspreiding van entstowwe. Ons argumenteer derhalwe nie dat die regering geen rol het om te speel nie, maar dat hy nie die enigste rolspeler mag wees nie. Sonder die privaat sektor wat ook entstowwe aankoop, is die teelaarde vir korrupsie en ondoeltreffendheid ryp,” voer Mulder aan.

Die twee organisasies vra die hof dat die regering se verspreidingsplan ongrondwetlik verklaar word en dat die hof sal verklaar dat enige instelling buite die raamwerk van die regering die reg sal hê om entstowwe te verkry en toe te dien.

“Die regering tree buite sy magte op. Ons kan nie toelaat die hy ʼn monopolie verklaar wat die regte van ander instellings en liggame wat hulle in staat stel om self entstowwe te bekom, ontken nie. Die regering kan nie vertrou word nie. Sy planne en strategieë het ʼn geskiedenis van mislukking en korrupsie. Waar mense se lewens op die spel is, behoort die regering die privaat sektor in staat te stel om na vore te tree en die probleem te takel eerder as wat hy dit in sy onvermoë probeer beheer,” sluit Mulder af.

Redakteur: Anchen Coetzee / iOlogue Media
Ingedien deur: Johnell van Vollenhoven / Solidariteit Media- en Skakelbeampte

 

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee