Afrikaans.com is op soek na sterre vir 'n TV-advertensie

Posted in News by Admin on 18 May, 2020 at 12:14 p.m.

Afrikaans.com se jongste veldtog, Jy is Afrikaans as ..., vestig die aandag op wat Afrikaanspraters laat uitstaan. Daarom word die publiek gevra om die stelling, Jy is Afrikaans as ... , te voltooi deur daardie unieke karakter van Afrikaanswees in ’n kort video uit te beeld. As jy dus trots is op jou Afrikaanse wortels of sommer net lief is vir die taal, nooi ons  jou uit om aan die kompetisie deel te neem. Wie weet, dalk is jou video een van die vyf wenvideo’s en kry jy so die geleentheid om deel van Afrikaans.com se jongste veldtog te word. Sit dus sommer vandag nog jou kreatiewe hoed op en maak jou video. Inskrywings het 15 Mei oopgemaak, maar jy het tot 15 Junie 2020 kans om deel te neem.

Jou prys? Uittreksels van wenvideo’s word deel van Afrikaans.com se nuutste TV-advertensie!

Wat moet jy doen?
Maak ’n video van nie langer as 60 sekondes nie, waar jy iets uniek van die Afrikaanse kultuur en/of taal uitbeeld ... want jy mag mos trots wees op jou Afrikaanswees en dit vier. Dit is tog deel van jou identiteit. Plaas die video op jou Facebook- of Instagramblaaie en merk (tag) Afrikaans.com by @afrikaans.com. Jy kan ook jou video op YouTube laai en die skakel vir ons e-pos na myafrikaans@afrikaans.com en onthou die hutsmerk #tuisinjoutaal. 

Kompetisiereëls en -kriteria
Kreatiwiteit, oorspronklikheid en videogehalte sal bydra tot ’n moontlike wenvideo. Gaan na www.afrikaans.com en klik op die Projekte-blokkie op die Tuisblad. Hier kry jy die volledige kriteria waaraan jou video moet voldoen, die kompetisiereëls, asook die bepalings en voorwaardes.  

Neem sommer vandag nog deel!
Daar is min tyd, maar aangesien ons steeds in inperking is, is nou juis ’n geleentheid om ons daaglikse bestaan so bietjie op te kikker. Afrikaans.com kan nie wag om jou video te ontvang nie!

Enige navrae kan gerig word aan myafrikaans@afrikaans.com

 

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee