Foto's: @unsplash / Digitaal aangepas: Africa InTouch News.

Moedertaalonderrig: Die bousteen van uitnemendheid

Posted in Education by Admin on 17 February, 2020 at 2:44 p.m.

Wees bogemiddeld!
Dis ’n feit: Moedertaal is jou sleutel tot uitnemendheid en om onderrig te ontvang in jou moedertaal laat jou uitstyg bo die gemiddelde en gee jou die vermoë om saam te praat met die bestes in die wêreld. Trouens, jou moedertaal verbind jou aan jou kultuur en menswees. Dit maak jou wie jy is – dis jou identiteit – sodat jy die wêreld met selfvertroue in die oë kan kyk. Nog belangriker: In ons samelewing, is dit deesdae ’n gegewe dat kinders Engels sal aanleer, kom wat wil, maar ... dis net ’n ouer (en grootouers) wat vir ’n kind sy moedertaal kan leer. En sodra jou kind sy moedertaal behoorlik onder die knie het, leer hy ’n tweede en derde taal heelwat makliker aan. Met jou toewyding help jy jou kind dus om meertalig te wees!

Al hoe meer ouers wonder of dit nog sin maak om hulle kinders in hulle moedertaal te laat skoolgaan as tersiêre instellings en die ekonomiese wêreld, nie net internasionaal nie, maar ook plaaslik, Engels as voertaal gebruik. Akademici en taalaktiviste is dit egter eens: Mense word deur hul moedertaal bemagtig. Kinders het hul moedertaal nodig om hul kognitiewe ontwikkeling te verseker.

Kinders leer makliker lees en skryf in hul moedertaal. Skryf is ’n tegniese aktiwiteit waardeur taal uitgedruk word en anders as gesproke taal, ontwikkel dit nie spontaan nie. 

Dit is baie makliker vir kinders wat in hul moedertaal leer lees en skryf om die konneksie tussen gesproke en geskrewe taal te maak. As jy leer lees het in ’n taal wat vir jou maklik is, is dit soveel makliker om konsepte en vaardighede in ’n tweede of derde taal oor te dra. Byvoorbeeld, as ’n kind in Afrikaans tydkonsepte leer, hoef hulle nie weer die totale tydsbegrip in Engels te leer nie, maar slegs die Engelse woorde. Hulle het reeds die intellektuele basis en begrip. Ander intellektuele begrippe soos oorsaak en gevolg, of om tussen hoofgedagtes en ondersteunende detail te kan onderskei, word gemaklik vanuit die moedertaal na ’n tweede taal oorgedra. 

Gaan kyk gerus op Afrikaans.com se webtuiste vir meer oor hierdie belangrike kwessie en die spilpunte oor moedertaalonderrig. Die leerhulp-afdeling beantwoord al jou vrae hieroor en daar is ook toepaslike inligting en skakels wat jou sal help om die mees geskikte bronne te raadpleeg. Die bestaande aanbod oor moedertaalonderrig vertel jou meer oor veeltaligheid en hoekom jy beter in jou moedertaal leer.

Gee jou kind die geskenk van moedertaalonderrig!

Redakteur: Anchen Coetzee / Africa InTouch News
Ingestuur deur: Annelie van Jaarsveldt / Afrikaans.com
MiniatuurfotoAndrew Ebrahim@sdb_sjbc

Applications now open for Sasol's prestigious bursary programme for 2021

Sasol is inviting high-achieving, motivated learners to apply for their prestigious 2021 bursary.
Admin

How to handle the critical last weeks leading up to Matric finals

Seven strategies to ensure successful Matric results.
Admin

52 SA graduates will move to Japan on July 27 to work as English teachers

To apply, applicants should be South African citizens and have a bachelor's degree in any field.
Admin

Sasol Bursary applications now open

Sasol bursars have the opportunity to do paid vacation work when they complete their studies.
Admin