Photo: AbsolutVision@freegraphictoday

Staat se regrukplan niks meer as 'n lugkasteel

Posted in News by Admin on 19 October, 2020 at 10:25 a.m.

Solidariteit het vandag sy kritiek uitgespreek op die sogenaamde “regrukplan” wat pres. Ramaphosa op 15 Oktober aangekondig het. Die plan is veronderstel om ekonomiese groei te stimuleer en geleenthede vir werkskepping daar te stel, maar in teenstelling hanteer dit nie die werklike ekonomiese krisis waarin Suid-Afrika hom tans bevind nie.
 
“Dit is belangrik om te besef dat die ekonomiese krisis waarin Suid-Afrika gedompel is nie die gevolg van die Covid-19-pandemie is nie, maar dat die primêre oorsaak daarvan toe te skryf is aan ANC-beleid wat die afgelope paar jaar geïmplementeer is.
 
“In hierdie regrukplan belowe die president byvoorbeeld ekonomiese groei van 3% oor ʼn tydperk van ʼn dekade, terwyl Suid-Afrika die afgelope twee dekades hoegenaamd nie by hierdie groeikoers kon uitkom nie,” sê Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut. Verder poog die regering om werk te skep maar, getrou aan sy aard, keer hy nie na die privaat sektor om verantwoordelikheid daarvoor te neem nie en neem eerder voor om ʼn verdere 800 000 amptenare aan te aanstel; dít terwyl die minister van finansies, Tito Mboweni, juis poog om die staat se salarisrekening te sny. Hierdie voorgenome aksie dui duidelik op ʼn regering wat hom nie tot politieke werklikhede soos befondsing vir projekte verbind nie.
 
Volgens Solidariteit is die regering se sterk fokus op infrastruktuur nog ʼn punt van kommer. “Dit is juis die kanaal waardeur die ANC ongelooflike korrupsie gepleeg het. Projekte soos Medupi en Kusile is toonbeelde van hoe die ANC sulke projekte aanpak en Suid-Afrika kan beswaarlik nog enige van die ANC se infrastruktuur-‘suksesse’ bekostig,” voer Mulder aan.
 
Die skrapping van die huidige regulerende en beperkende maatreëls op sakeondernemings en arbeidswetgewing is van kardinale belang om die Suid-Afrikaanse ekonomie om te draai en werkskepping te stimuleer. Dit staan egter in skrille kontras met die ANC se ideologie van staatsbeheer en sentralisasie waaraan hy verbete vasklou.

“Wat pres. Ramaphosa moes aankondig, was radikale deregulering, die skrapping van rigiede arbeidswetgewing soos SEB en die privatisering van kragopwekking, verspreiding en transmissie. In plaas daarvan het hy die ramptoestand, met al die irrasionele regulasies wat daarmee gepaardgaan, opnuut verleng en die ontbondeling van Eskom is weereens bloot beloof, terwyl dit volgens die 2019-beplanning al teen 2020 funksioneel geïmplementeer moes wees,” voeg Mulder by.
 
“Die ANC-regering is die bestuurder wat ons almal van die krans laat afry het en nou daarop aandring om die ambulans ook te bestuur. Hierdie regrukplan moes nie méér beheer plaas in die hande van diegene wat in die eerste plek vir die ekonomiese krisis verantwoordelik was nie. Met hierdie plan bevestig pres. Ramaphosa opnuut dat hy eerder ʼn lugkasteelargitek as ʼn staatsman is,” sluit Mulder af.

Redakteur: Anchen Coetzee
Ingedien deur: Solidariteit Media

 

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee