Foto: Timothy Eberly@timothyeberly

Hoof van grond-komitee bewys grondonteiening gaan oor mag

Posted in News by Admin on 23 January, 2020 at 3 p.m.

Die Solidariteit Beweging het vandag met hewige kritiek gereageer teen die ANC se uitlatings, naamlik dat die uitvoerende gesag moet besluit wanneer onteiening sonder vergoeding (OSV) toelaatbaar is, want dit bevestig dat hierdie proses nie oor grond handel nie, maar oor mag. 

Dit kom nadat die voorsitter van die parlementêre ad hoc-komitee getaak met die wysiging van artikel 25 van die Grondwet, Mathole Motshekga, in ʼn onlangse onderhoud op eNCA gesê het dat die ANC nie saamstem met die huidige wetsontwerp, wat hulle self ter tafel gelê het, en wat howe die gesag gee om te besluit wanneer nul vergoeding toegelaat kan word nie. Die ANC meen dat die uitvoerende gesag eerder oor hierdie mag moet beskik, aangesien hofprosesse tydsaam is en Suid-Afrikaners nie nog 25 jaar kan wag om die kwessie van grond aan te pak nie. 

“Die ANC se voortsetting daarvan om OSV te kaap deur hierdie proses in die president en sy kabinet se hande te plaas, is onrusbarend. Hierdie uitlatings bewys weereens dat die ANC se enigste prioriteit die verkryging van absolute mag is. Daarom moet onteiening sonder vergoeding ongekwalifiseerd teengestaan word, hetsy dié mag by die howe of die uitvoerende gesag gesetel is. Die illusie dat daar ‘n ideologiese skeiding van magte tussen die drie bene van die regering bestaan, is buitendien doodgebore,” meen Francois Redelinghuys, kommunikasiebestuurder van die Solidariteit Beweging.

“Hiermee skep Motshekga egter die illusie dat grondbesit ʼn kwessie van kardinale belang vir Suid-Afrikaners is wat versnel moet word. Dit is in teenstelling met die departement van landelike ontwikkeling en grondhervorming se eie bevindings dat 94,7% van mense in die grondhervormingsproses geldelike vergoeding bo grondbesit verkies. Die Instituut vir Rasseverhoudings het verder in 2019 bevind dat slegs 6% van mense glo dat grondhervorming een van die regering se topprioriteite moet wees. Dit bevestig dat OSV nie vir landsburgers belangrik is nie, maar eerder ʼn wyse is waarop die ANC aan homself die mag toeëien om wettiglik by ons almal te steel,” verduidelik Redelinghuys. 
Motshekga het verder verduidelik hoe hierdie verandering deur legitieme prosedures – soos openbare verhore en die insette van ander politieke partye – aangebring sal word, aangesien hierdie nie slegs ʼn ANC-proses is nie. 

“Die ANC se versekering dat prosedures gevolg gaan word, is nie juis gerusstellend nie. In 2019 het president Ramaphosa reeds in die middel van die openbare verhoorproses aangekondig dat die ANC voortgaan met OSV – dit ten spyte van die feit dat geskrewe openbare insette OSV oorweldigend teengestaan het. Hierdie voorbeeld dien as bewys dat die ANC nie sal skroom om oor billike prosedures en teenkanting te stoomroller in die najaag van sy eie belange nie,” verduidelik Redelinghuys voorts.

“Onteiening sonder vergoeding sal die regering die mag gee om een van die steunpilare van vryheid van ons te ontneem. Hierdie growwe skending van eiendomsreg is iets wat in beginsel teengestaan moet word, ongeag hoe dit geadministreer word,” meen Redelinghuys.

Redelinghuys het bevestig dat instellings van die Beweging, waaronder AfriForum en Solidariteit, skriftelike kommentaar sal indien om die voorstel teen te staan. 

Redakteur: Anchen Coetzee / Africa InTouch News
Ingedien deur: Solidariteit Media

Swartland Auctioneers' second auction of the year delights attendees

Visitors can explore Swartland Auctioneers' offerings six days a week, affording many opportunity for purchasing.
Anchen Coetzee

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.
Anchen Coetzee

Water gets clean bill from municipality: Scientist side-eyes the high aluminum levels

Rivier Rekord sought insights from MM De Jager (MSc. Biological Sciences; PhD candidate) to delve into the issue.
Anchen Coetzee

32-Year-old foreign national in custody for mandrax possession

Ten clear plastic bags containing mandrax tablets were found during the vehicle inspection.
Anchen Coetzee