Bejaarde boer beroof naby Low's Creek

Posted in News by Anchen Coetzee on 27 September, 2017 at 6 p.m.

BARBERTON - Die polisie is op soek na drie verdagtes wat vanmiddag betrokke was by 'n plaasroof op die Low's Creek pad.
'n Boer, die bejaarde Johannes Hermanus Fourie (74), is in sy huis op die plaas Joe's Luck oorval. Die rowers, gewapen met 'n mes, het Fourie vasgebind en spore gemaak met 'n vuurwapen, televisie en selfoon.

Volgens Kol Johan Engelbrecht van die Barberton SAPD is Fourie nog sterk en gesond vir sy ouderdom en was gelukkig om ongedeerd van die petalje te ontsnap. “Die saak word ondersoek en ons vra enigiemand wat inligting het om na vore te kom,” het Engelbrecht versoek.
Kontak Barberton SAPD by 013-712-2233.

Artikel: Anchen Coetzee vir Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch
Foto: iStock/Getty Images

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee