Veldskool kinders ongedeerd na ongeluk

Posted in News by Anchen Coetzee on 22 September, 2017 at 2:10 p.m.

Onderwysers en leerders van Laerskool Barberton, wat vanaf die veldskool oppad was huis toe, was omstreeks 13:00 in 'n ongeluk betrokke. Almal is ongedeerd.

Die insident het plaasgevind by 'n T-aansluiting op die Oshoekpad ongeveer 50 km vanaf Amsterdam. Africa InTouch News het met die hoof van die skool, Robert Naudé, gepraat terwyl hy die bus terug vergesel het. Volgens hom het die ongeluk plaasgevind toe 'n bakkie die bus van agter getref het.

"Niemand van Laerskool Barberton is beseer nie, maar die kinders ly uit die aard van die saak aan skok. Ek is baie trots op die onderwysers van ons skool. Hulle het hul uitstekend van hul taak gekwyt," het hy gesê.

Van die passasiers wat in / op die bakkie gery het, het beserings opgedoen.  Naudé het gesê dat van die onderwysers daar ook gehelp het deur noodhulp toe te pas. "Die kinders is oppad huis toe en die skool het reeds die ouers in kennis gestel van die insident."

Die bus behoort net voor 15:00 terug te wees in Barberton.

Geskryf deur: Anchen Coetzee vir Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee