Laerskool Barberton kuier by die museum

Posted in News by Anchen Coetzee on 13 September, 2017 at 9:18 p.m.

BARBERTON - Laerskool Barberton Primary het hierdie week hul jaarlikse konsert op die planke gebring. Dit was 'n behoorlike miernes van bedrywigheid en onderwysers en leerders het almal deelgeneem aan die opvoering. Die gala aand van 'Night at the museum' vind môre plaas. Almal wat deel gehad het om van hierdie week 'n sukses te maak kan hulself gerus op die skouer klop met 'n puik produksie.

Africa InTouch News het gister beeldmateriaal gemaak vir die ouers en vriende wat nie die konsert kon bywoon nie. Ongelukkig moes die kamera skuins gedraai word aangesien ons nie die senior burgers wou pla waar hulle in die voorste gestoeltes van die gehoor stelling ingeneem het nie.
Professionele DVD's van die konsert sal binnekort by die skool te koop wees. 

Vir die volledige snitlys (playlist) kliek HIER.
Hier onder is bloot 'n voorsmakie van die verrigtinge.

Artikel en Beeldmateriaal: Anchen Coetzee vir Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee