Krokodil diewe loop hul rieme styf

Posted in News by Anchen Coetzee on 13 September, 2017 at 11:27 p.m.

BARBERTON - Vyf verdagtes, wat vermoedelik twee krokodille van die Zambezi Krokodilplaas gesteel het, het Dinsdag hul rieme styfgeloop.

Volgens Fanzile, 'n werknemer op die plaas, het hy vroegoggend tydens sy daaglikse rondtes onraad gemerk toe hy op bloed en vleis aan die buitekant van die een heining afgekom het. Hy vertel dat daar kruiwa wielspore was wat hy en van die ander werkers gevolg het. Eers het hulle op die een krokodil, stertloos en koploos, en toe op die ander een afgekom het. Beide was wyfies.

Die soektog het hulle geneem tot by 'n huis in Verulam. Daar het hulle die koppe en sterte ontdek en die verdagtes vasgetrek. Fanzile sê een van die mans het spore gemaak, maar die ander vyf is deur die Barberton SAPD in hegtenis geneem.

Africa InTouch News kon nog nie met die plaaseienaar kontak maak nie. Ons het die werkernemers Fanzile, Thokozane, Vusi en Patrick buite in die parkeerarea voor die polisiestasie ondervra. 
Verdere inligting sal volg.



Article and footage: Anchen Coetzee for Ama'Zone Media Solutions t/a Africa InTouch

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee