Foutiewe wapen gee plaasaanval-slagoffer geleentheid om terug te baklei

Posted in News by Anchen Coetzee on 21 August, 2017 at 11:16 a.m.

Sien uitsending van hierdie storie, asook ander Laeveld nuus, op SuburbNews NINE ZERO.  

Africa InTouch News het toestemming verkry om die ongeredigeerde beeldmateriaal hieronder te vertoon. 


James Munro & Albert de Beer.

Dorothy Venebles.

BARBERTON - Drie mense het die dood naelskraap vrygespring tydens 'n plaasaanval wat in die vroeë oggendure van Sondag plaasgevind het. 

James Munro, eienaar van 'n plaas wat op die R40 in Barberton geleë is, het wakker geword toe iemand hom teen sy skouer stamp. Sy eerste gewaarwording was van 'n persoon met 'n vuurwapen wat langs sy bed staan. Die vuurwapen was op hom gerig en hy kon hoor hoe die sneller getrek word, maar die skoot het nie afgegaan nie. 

James Munro.

Volgens Munro het alles binne 'n oogwink gebeur. “Ek het gedink dis 'n foutiewe patroon of 'n firing pin – dit gaan deur jou kop soos blits en ek het besef ek is in die moeilikheid.” Munro het terugbaklei en 'n bloedige struweling het gevolg waartydens die booswigte telkemale sonder sukses probeer het om hom te skiet.

Albert de Beer.
Dorothy Venebles.

Teen die tyd wat Munro wakker geword het, was 'n vriend, Albert de Beer, wat die naweek daar deurgebring het, reeds buite aksie op die sitkamerbank. So ook Munro se goeie vriendin en werknemer, Dorothy Venebles, wat ook sy huismaat is.
Munro, De Beer en Venebles het Sondagoggend met Africa InTouch News oor die voorval gesels.
Sien beeldmateriaal bo aan storie of kliek HIER.

Artikel en Beeldmateriaal: Anchen Coetzee vir Ama'Zone Media Solutions h/a Africa InTouch
Subredakteur: Lynette Brink / Letter Linguist 

Solidariteit verwelkom uitspraak oor NGV-ondertekening

Volgens die uitspraak kan die president se ondertekening of goedkeuring van die NGV inderdaad hersien word.
Pieter Jordaan

SA marks African World Heritage Day with focus on preservation and education

SANParks also acknowledged the day, stating that it remained committed to safeguarding the country’s natural heritage.
Anchen Coetzee

As elke dorp soos Ceres optree, sal die Kaap weer Hollands wees

Die organiseerders het die dag beskryf as 'n sterk begin vir 'n langtermynpoging om Ceres skoon en groen te hou.
Anchen Coetzee

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Met die publisering van die finale regulasies is groot dele van die ooreenkoms, ten spyte van die hofbevel, uitgelaat.
Pieter Jordaan