Tydsberekening is hierdie naweek prioriteit vir Steval Pumas
Na drie opwarmwedstryde, sien die Steval Pumas daarna uit om hul groot-wedstryd- temperament te wys tydens hul eerste SuperSport Rugby Uitdagingswedstryd wat hierdie naweek teen die Blou Bulle sal plaasvind. Die Mpumalanga kant sal na Loftus Versfeld vertrek om hul staal te toets teen die sterk opposisie van die Bulle.
Die laaste opwarmingswedstryd teen die Cell C Sharks het 'n 50-19 oorwinning vir die Durbaniete tot gevolg gehad, maar dit het die Steval Pumas 'n waardevolle geleentheid gebied om eerstehands die impak te ervaar van watter tipe wedstrydplan oorwinning kan verseker vir die SuperSport Uitdaging.
Hennie Skorbinski sal Saterdag op Loftus op die veld uitdraf as kaptein van die Steval Pumas in hul eerste wedstryd van die SuperSport Rugby Uitdaging teen die Bulle om 14:30. Fotograaf: Andre Meintjes
Afrigter van die Steval Pumas, Brent Janse van Rensburg, het vandag die groep vir die wedstryd aangekondig. Hulle is gekies uit die toets van verskillende kombinasies tydens die opwarmingswedstryde. Hy het gesê dat die fokus van die opkomende wedstryd daarop sal sentreer om op die regte tyd te skop, die regte skop-tipe en die besluit oor wanneer om na die opposisie te hardloop.
"Ons moet die basiese dinge regkry, die vaste fasette kry om te werk, die spel-bestuur regkry en meer bestand wees op sagte oomblikke van verdediging. Op ander geleenthede waar ons moes hardloop, het ons besluit om te skop. Ek dink die waardering vir wanneer om te hardloop en wanneer om te skop, en watter tipe skop jy gebruik, is belangrik," het Janse van Rensburg gesê.
Janse van Rensburg het met nadruk gewys op die belangrikheid van die wen van vaste fasette.
"Ons moet 'n groter, beter fokus op omgekeerde besit en die beveiliging van ons eie vaste fasette bewerkstellig, want die Bulle is baie sterk op daardie gebied. Ons moet onmiddellik in daardie verdedigende af en aan staat wees en ons ingesteldheid vinnig kan verander na gelang van balbesit of nie," het Janse van Rensburg gesê.
Hy het bygevoeg dat daar fokus op lynspoed moet wees om die Bulle onder druk te plaas.
"Ons sal ons lynspoed goed moet beheer, maar terselfdertyd moet seker maak dat ons herstel as hulle ons in die wyer kanale speel," het Janse van Rensburg gesê.
Die wedstryd teen die Blou Bulle skop om 15:00 af. Hou 'n oog op die Steval Pumas Facebook blad asook Twitter vir regstreekse puntetelling aanpassing tydens die spel.
Die span is as volg (Engels):
15 |
Full back |
EBERSOHN |
SIAS |
14 |
Right wing |
ISBELL |
RUWELLYN |
13 |
Outside centre |
SKORBINSKI |
HENNIE (CPT) |
12 |
Inside centre |
VAN WYK |
LEIGHTON |
11 |
Left wing |
LEWIS |
JEAN-PAUL |
10 |
Fly half |
MARAIS |
KOBUS |
9 |
Scrum half |
VAN ROOYEN |
REYNIER |
8 |
Number eight |
GREEFF |
CAREL |
7 |
Right flanker |
ENGELBRECHT |
WILLIE |
6 |
Left flanker |
JOHANNES |
REUBEN |
5 |
Right lock |
KLOPPERS |
HUGO (V CPT) |
4 |
Left lock |
VUZANI |
TAZZ |
3 |
Tight head prop |
COETZEE |
MARNE |
2 |
Hooker |
JANSE VAN RENSBURG |
MARKO |
1 |
Loose head prop |
KOTZE |
JACQUES |
16 |
Hooker |
HERNE |
FRANKIE |
17 |
Prop |
TERBLANCHE |
DE JAY |
18 |
Lock |
GREEFF |
STEPHAN |
19 |
Utility Forward |
SHABANGU |
BRIAN |
20 |
Scrum half |
TEMPERMAN |
EMILE |
21 |
Utility back |
HELBERG |
DEON |
22 |
Utility back |
WILLIAMS |
DEVON |
Ingedien deur: Kathleen Bailie / Mpumalanga Rugby (Pty) Ltd
Hoof prent URL