Sewes spanne ding mee om provinsiale kampioene titel
Nelspruit Rugby Klub se eerste span en Rooikatte Lydenburg Rugby klub se eerste span na die finaal van die Laeveld 7's toernooi wat Saterdag, 11 Februarie in Barberton plaasgevind het. Foto: Nelspruit Rugby Klub Facebook Blad
Die rugbyseisoen is besig om momentum te bereik regoor Suid-Afrika, en die Mpumalanga-rugbyunie (MRU) sal die seisoen afskop met die Provinsiale Sewes Kampioenskappe wat op Saterdag by die Nelspruit-rugbyklub gehou gaan word.
Na afloop van die plaaslike toernooie verlede naweek, sal die naweek se geleentheid die top vier spanne in die Laeveld sien meeding teen die top vier Hoëveld spanne om die titel van provinsiale sewes-kampioene in te palm.
Die Laeveld spanne sluit in Nelspruit 1, Nelspruit 2, Barbeton Rugbyklub en die Rooikatte van Lydenburg, wat teen Sasol 1, Sasol 2, Middelburg Rugbyklub en Standerton Rugbyklub van die Hoëveld te staan sal kom.
Die dag sal afskop met 'n botsing tussen Nelspruit 1 en Sasol 2 om 10:00. Daar sal Shield, Bowl en Plate brackets wees, voor die eindstryd om 14:20 plaasvind.
Amateur Rugby Bestuurder vir die MRU, Roelof Kotze, het gesê die dag gee spelers 'n vroeë-seisoen geleentheid om hulself te bewys.
"Die geleentheid laat ook provinsiale afrigters toe om hul planne vir die jaar te ontwikkel. Dit is ook 'n goeie aanloop tot die vyftiens-seisoen. Ons uit na Saterdag en ons moedig lede van die publiek aan om te kom kyk en opwindende rugby aksie geniet," het Kotzé gesê.
Toegang vir die dag is R10, met kos en drank wat te koop sal wees by die klub.
Submitted by: Kathleen Bailie
Main Image URL