Raak digterlik en jy mag dalk met R10 000 wegstap
By Afrikaans.com gaan ons vir die volgende klompie weke met woorde woeker. Ons vra jou om saam met ons #digterlik te raak, ’n gedig te kies, dit voor te lees en op YouTube te laai. Dit kan jou eie digkuns wees of die woorde van jou gunstelingdigter – dit maak nie saak nie. Deel dit met ons.
’n Paneel kies weekliks ‘n wenner van die week wat op Afrikaans.com se Tuisblad geplaas en ook op sosiale media gedeel sal word. En die beste nuus van alles? Jou inskrywing kom outomaties vir ons kompetisie in aanmerking waar jy tot R10 000 in kontant kan wen. Daar gaan ook gereeld verrassingspryse op die spel wees waar jy die kans staan om ’n pragtige digbundel te wen.
Onthou ook om almal te laat weet van jou YouTube-video sodat jy soveel stemme moontlik kan kry. Gaan blaai dus vandag nog deur jou bundels of haal daardie skryfsels van jou uit die laai en deel jou spesiale woorde met ons. Ons luister graag en kan nie wag om dit met almal te deel nie.
Om in te skryf, stuur die volgende inligting na HIERDIE e-posadres:
- Naam
- E-posadres
- Telefoonnommer
- Adres
- Naam van die gedig en die skrywer.
Gaan loer HIER om meer te wete te kom.
Ingestuur deur Annelie van Jaarsveldt / Redaksie / Afrikaans.com