Big Auto hou kookwater straatdag in Rocky Drift

Posted in Entertainment by Anchen Coetzee on 8 March, 2018 at 12:28 a.m.

Om ‘n suksesvolle straatdag te reël sit nie in elke ou se broek nie, en al is jou beplanning en bemarking hoe goed, is daar altyd die een aspek waarvoor niemand voorsiening kan maak nie – of mense uit die gemeenskap wel gaan opdaag of nie. Hierdie is grootendeels ook die rede waarom daar deesdae maar min gemeenskapsbyeenkomste is. Mense het nie meer tyd nie en daar is eenvoudig te veel aktiwiteite om van te kies – dis nie soos in ons voorouers se dae wat die hele kontrei deel sou wees van so ‘n pretdag nie.

Hoe dit ookal sy, die gesegde "Gaan groot of gaan huis toe", het behoorlik betekenis gekry die afgelope naweek. Big Auto (Sangoma Motors), in samewerking met XTreme Outlaw Mpumalanga, se straatdag wat Saterdag plaasgevind het, was behoorlik kookwater. Só 'n reusesukses was dit dat daar beoog word om dit ‘n gereelde instelling te maak.

Die doel was om besighede in Rocky Drift, wat tussen Nelspruit en Witrivier geleë is, blootstelling te gee, maar ook om ‘n lekker kuierdag te bewerkstellig. Die fokus was voertuie, en menig groot name in die motorbedryf was vroegdag reeds daar. Nogtans was almal welkom, selfs die wat nie veel erg het aan goed met wiele nie – hulle het immers net so lekker saam geëet en saam gekuier.

Of jy dus wou spog met jou voertuig se kragtige enjin of jou blinkskoon bakwerk, en of jy net die gesin bietjie uit die huis wou kry, die perseel van Big Auto (Sangoma Motors) was beslis die plek om te wees.

Hierdie video vertel die storie

Lees HIER meer oor Big Auto (Sangoma Motors) en die mense wat die hartklop is van hierdie besighede.

The Taylor effect: Influencing America's economy and beyond

As an activist and artist, Taylor Swift is constantly pushing the boundaries of what is possible, but one thing is certain: her impact on society and the economy will last far beyond her lifetime.
Xandri Coetzee

Apple Music announces Nezsa as the latest Up Next artist in Nigeria

Born and raised in Abuja, Nigeria, Vanessa Adaeze Enoka (nezsa) has forged her own unique path in life.
Monare Matema

A modern hobby worthy of your attention: tabletop board gaming

The beauty of the hobby is that you do not need to be an experienced board gamer at all to be able to enter it.
Wahl Lessing

SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

Die bestuur het besluit dat kunstenaars die deposito’s kan hou wat reeds aan hulle betaal is.
Admin