Foto: SA-Venues

SPAR Kirkwood Wildsfees staan oor tot 2021

Posted in Entertainment by Admin on 20 March, 2020 at 4:55 p.m.

Na deeglike oorweging het die direksie en bestuur van die SPAR Kirkwood Wildsfees besluit om nie die 2020-fees, weens die wêreldwye uitbreek van die COVID19-virus, aan te bied nie. “Maar wees gerus, ons het reeds ons datums en planne in plek vir volgende jaar se SPAR Kirkwoods Wildsfees wat 25 – 27 Junie aangebied sal word,” sê Jenni Honsbein, feesdirekteur.

“Dit was n baie moeilike besluit om te neem,” sê Paul Marais, voorsitter van die Wildsfees. “Hoewel die Wildsfees se beplande datums buite die periode van pres. Cyril Rampahosa se verbod op openbare samekomste val, is besluit dat die aanbieding van die 2020-Wildsfees ‘n te groot risiko vir te veel mense sal inhou," en voeg by “Dit sluit in die duisende werkers wat in een van die beste sitrusproduksiejare nog, die vrugte moet pluk en verpak. Ons borge het volle begrip vir ons besluit en ondersteun dit ook. Talle het hulle al verbind tot die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees.” 

“As naamborg van die SPAR Kirkwood Wildsfees, ondersteun ons die kansellasie van die 2020 Wildsfees ten volle. Hoewel die Wildsfees baie belangrik is vir die Kirkwood-gemeenskap, is die risiko net te hoog vir alle rolspelers - die kunstenaars, stalletjiehouers, diensverskaffers, feesgangers, en vele meer – om daarmee voort te gaan. Ons prys die feesbestuur vir hul toewyding om ‘n wen-wen-stuasie vir almal te probeer skep. Kom ons bly almal positief onder die huidige omstandighede met die wete dat ook dié krisis verby sal gaan en dat die 2021 SPAR Kirkwood Wildsfees nóg groter en beter as ooit tevore sal wees,” sê Alan Stapleton, die aankopebestuurder nie-bederfbares, borgskappe en geleenthede van SPAR Oos-Kaap. 

Volgens Marais het die Wildsfees genoeg geldelike reserwes opgebou, juis om dit deur ‘n uitdagende periode te kan neem.

“Ons kon dit doen omdat die Wildsfees, as ‘n nie-winsgewende organisasie, se fokus op volhoubaarheid en die beste belang vir die inwoners van die Sondagsriviervallei is,” sê Marais.

Omdat die meeste van die kunstenaars, wat al lankal vir die fees bespreek is, ‘n uitdagende jaar tegemoet gaan, het die Wildsfees-bestuur besluit dat hierdie kunstenaars die deposito’s kan hou wat reeds aan hulle betaal is. Die enigste voorwaarde hieraan verbonde is dat hulle ‘n nuwe kontrak vir hul optrede vir 2021 se Wildsfees moet onderteken.

Net so sal daar aan stalletjie-eienaars, wat reeds hul deposito’s betaal het, die opsie gegee word om hul deposito (minus BTW) terug te kry, of om hul bespreking vir 2021 se Wildsfees teen dieselfde koste as dié van 2020 te hou.

“Hierdeur is dit n wen-wen situasie vir almal. Ons vertrou dat die gasvryheidsbedryf van die Sondagsriviervallei en Addo die nodige insig vir die groter prentjie sal toon en óf die deposito’s op besprekings vir verblyf sal terugbetaal, of om dié besprekings na volgende jaar oor te dra.” sê Marais.

Redakteur: Anchen Coetzee
Ingedien deur: MyPR
Foto URL: SA-Venues

The Taylor effect: Influencing America's economy and beyond

As an activist and artist, Taylor Swift is constantly pushing the boundaries of what is possible, but one thing is certain: her impact on society and the economy will last far beyond her lifetime.
Xandri Coetzee

Apple Music announces Nezsa as the latest Up Next artist in Nigeria

Born and raised in Abuja, Nigeria, Vanessa Adaeze Enoka (nezsa) has forged her own unique path in life.
Monare Matema

A modern hobby worthy of your attention: tabletop board gaming

The beauty of the hobby is that you do not need to be an experienced board gamer at all to be able to enter it.
Wahl Lessing

Wine Estates Confirmed For Wine On Water Festival

The WoW Festival is a charity event, with all proceeds going to the upliftment of the local community.
Admin