Photo: Tumisu.

VSA-tariewe: Laaste kans vir Ramaphosa om groot werksverliese te red

Posted in News by Pieter Jordaan on 8 July, 2025 at 10:24 a.m.

Suid-Afrika sal die pyn wat die VSA se handelstarief van 30% op sy ekonomie gaan meebring kan vryspring, mits president Cyril Ramaphosa dringend oorgaan tot aksie.

Só het Jaco Kleynhans, hoof van openbare skakeling by Solidariteit gesê nadat die Amerikaanse president, Donald Trump, Suid-Afrika met ʼn skrywe in kennis gestel het dat die 30%-handelstarief op 1 Augustus in werking tree.

“Daar is steeds ruimte tot 1 Augustus om te onderhandel, maar die probleem is dat ons regering en Ramaphosa nog altyd hiermee voete sleep. Die Amerikaners wou onderhandel dus kan die situasie nog beredder word. “Daar moet egter besef word dat Amerika ook ʼn politieke skikking met Suid-Afrika soek en nie net ʼn ekonomiese skikking nie,” het Kleynhans gesê.

Hy beaam die woorde van dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit, dat die Suid-Afrikaanse regering elke geleentheid gehad het om tog ʼn positiewe handelsooreenkoms met die VSA te sluit.

Hermann het gesê die SA regering het die land en sy mense gefaal en dat ideologiese stiksienigheid en politieke arrogansie gewone mense hulle werk gaan kos.

“Hulle het nooit geluister na wat hulle belangrikste handelsvennoot wil hê nie en het nie begrip getoon vir ons afhanklikheid van Amerikaanse handel nie.

“Hulle toondoofheid kos die land werksgeleenthede. 30% is nie net ʼn persentasie nie, maar mense se huise, werke en inkomste vir hulle gesinne.”

Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), is dit veelseggend dat ander lande wél suksesvol kon onderhandel om soortgelyke tariewe vry te spring, terwyl Suid-Afrika daaraan onderwerp word. “As ons enigsins ʼn mededingende voordeel wil behou moet dit dringend reggestel word. Cyril Ramaphosa sal móét met die Trump-regering in gesprek tree om van die 30%-tarief ontslae te raak,"

Du Buisson het ook gesê “Indien hierdie tarief op alles toegepas word is dit ook die de facto beëindiging van die Agoa-handelsooreenkoms. Solidariteit het die afgelope paar jaar hard gewerk en baie gesprekke gevoer om Suid-Afrika in Agoa te hou. “Om dit nou tot niet te sien gaan is hartseer.” 

WhatsApp ons gerus HIER indien jy meer te wete wil kom.

 

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee

SA regering by VN-agentskap aangekla oor verbreking van ras-skikking

"Hierdie is die volgende stap in Solidariteit se stryd teen die rasmalheid van die Suid-Afrikaanse regering."
Pieter Jordaan

Soar into savings with OppiDam's winter specials

Set on the banks of Vygeboom Dam, OppiDam offers a variety of accommodation options.
Anchen Coetzee

Solidariteit verwelkom uitspraak oor NGV-ondertekening

Volgens die uitspraak kan die president se ondertekening of goedkeuring van die NGV inderdaad hersien word.
Pieter Jordaan