Die bestuur vir die jaar is Wynand Klaver (tessourier), Julius von Wieligh (voorsitter), Stephan de Witt (vise-voorsitter) en André Visser (sektretaris).

Barberton Tafelaars is daar vir die Barberton gemeenskap

Posted in De Kaap Echo by Lynette Spencer on 9 June, 2025 at 9:25 a.m.
WhatsApp ons gerus HIER indien jy meer te wete wil kom.

Barberton se plaaslike Tafelaars is vasbeslote om 'n verskil te maak in hul gemeenskap, terwyl hulle ook hul ledetal wil uitbrei. Die groep, wat deel vorm van die internasionale Round Table-beweging, fokus op plaaslike projekte wat regtig impak maak op die lewens van jongmense en gesinne in die dorp.

Die bestuursspan (links bo) het in Mei maand die “Numbers” vergadering in België bygewoon.
Volgende jaar word die vergadering in SA gehou en verwag die Tafelaars 60+ Europeërs om ‘n week lank hier te kom kuier.

Wie is die Tafelaars?
Die Round Table is in 1927 in Engeland gestig en het in 1948 na Suid-Afrika uitgebrei. Sedertdien het dit ontwikkel tot 'n dinamiese organisasie vir mans tussen 18 en 40 jaar oud, met 'n sterk fokus op gemeenskapsdiens, vriendskap en persoonlike groei. Die organisasie is nie-polities van aard, en streef daarna om jong leiers te ontwikkel wat ‘n verskil in hul gemeenskap wil maak.

Vir meer inligting oor die Barberton 67 Tafelaars, WhatsApp Wynand Klaver of André Visser. Besoek hul Facebook-blad hier.

Fokus op Barberton se mense
Volgens Wynand Klaver, 'n lid van die Barberton 67 Tafelaars, is die plaaslike groep tans klein, maar baie aktief. "Ons is passievol daaroor om in Barberton se gemeenskap 'n betekenisvolle verskil te maak," het hy gesê. "Ons grootste behoefte is om ons ledetal uit te brei sodat ons ons projekte verder kan laat groei."

Die Tafelaars se grootste fokus is om voedsel aan behoeftige kinders te voorsien. Hulle ondersteun die broodjieprojek by Laerskool Barberton, en is ook betrokke by die voedingskema van Hoërskool Barberton. Verder borg hulle jaarliks ongeveer 13 hoërskool leerlinge, wat nie die nodige fondse het nie, om aan die RYLA-kamp deel te neem. Dit is ‘n kamp wat leierskapsontwikkeling bevorder vir jongmense.

Vir meer inligting oor die Barberton 67 Tafelaars, WhatsApp Wynand Klaver of André Visser. Besoek hul Facebook-blad hier.

Jaarlikse projekte en fondsinsamelings
Barberton Tafelaars het van 2025 die bekende Barberton Bergfietsresies oorgeneem wat vir baie jare deur die Rotariërs georganiseer is. Die doel is om dit weer op te bou tot een van die dorp se grootste sportgeleenthede. Hierdie gemeenskapsprojek bring mense van regoor die streek byeen en is 'n belangrike platform vir fondsinsameling wat weer teruggeploeg word in die Barberton gemeenskap.

Nog 'n belangrike gebeurtenis op hul kalender is die jaarlikse Tafelaars-golfdag, wat elke Desember plaasvind. Volgens Klaver is dit nie net hul grootste fondsinsamelingsprojek nie, maar ook 'n sosiale hoogtepunt vir baie inwoners en ondersteuners, nie net plaaslike nie, maar ook van regoor die land.

Vir meer inligting oor die Barberton 67 Tafelaars, WhatsApp Wynand Klaver of André Visser. Besoek hul Facebook-blad hier.

Hier gaan dit nie net oor diens nie, maar ook kameraadskap
Die manne vergader formeel een keer per maand, op die tweede Donderdag, en hou ook 'n informele sosiale byeenkoms elke laaste Donderdag van die maand. Hierdie reëlings maak dit moontlik vir lede om sterk vriendskapsbande te smee en ook hul professionele netwerke uit te brei.

"Ons geniet wat ons doen," het Klaver gesê. "Ons wil nie net help nie, ons wil dit sáám doen met energie en entoesiasme."

Nog ‘n hoogtepunt vir die manne was ‘n besoek aan België in Mei maand. Volgens Klaver is daar ‘n 67 Tafel in elke land oor die wêreld en hulle kom een keer per jaar bymekaar. Barberton 67 verwag ongeveer 60+ Europeërs om ‘n week lank hier te kom kuier in 2026 wanneer hulle die gashere sal wees.

Hulle het ook onlangs aan die rolbalbesigheidsliga deelgeneem en boonop die liga gewen.
Vir meer inligting oor die Barberton 67 Tafelaars, WhatsApp Wynand Klaver of André Visser.

Word deel van iets groter
Die Tafelaars nooi mans tussen die ouderdomme van 18 en 40 uit om by hulle aan te sluit. "Jy hoef nie 'n besigheidsman of uitvoerende hoof van ‘n maatskappy te wees om 'n verskil te maak nie," het Klaver gesê en afgesluit met: "Wat jy nodig het, is 'n hart vir die gemeenskap en die bereidwilligheid om betrokke te raak."

Vir meer inligting oor die Barberton 67 Tafelaars, WhatsApp Wynand Klaver of André Visser.

Indien jy van hierdie storie gehou het, en meer wil lees oor Barberton, gaan loer HIER.
Disclaimer: View our full disclaimer regarding photos, historical images, opinions, information accuracy, and user-generated content HERE.

Step into Barberton's past on the heritage walk

Whether you're a or a tourist, the Barberton Heritage Walk offers an immersive historical experience unlike any other.
Lynette Spencer

Lone Tree Shellhole: Barberton's tribute to service and sacrifice

The Lone Tree Shellhole continues to host remembrance parades, support local veterans, and contribute to historical education in Barberton.
Lynette Spencer

Editor's Echo: Autumn whispers through the valley

De Kaap Valley wears autumn like a silk shawl, graceful, and full of stories.
Lynette Spencer

Spanbou op die rolbalbaan

Laerskool Barberton Primary se onnies het lekker gekuier tydens die rolbal-spanboudag.
Lynette Spencer