Stock image: iOlogue InHouse. Prompt: Anchen Coetzee.

Solidariteit verwelkom uitspraak oor NGV-ondertekening

Posted in News by Pieter Jordaan on 6 May, 2025 at 1:16 p.m.
Solidariteit verwelkom die hooggeregshof-uitspraak oor die hersienbaarheid van president Cyril Ramaphosa se ondertekening van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet (NGV).Die uitspraak hou verband met die Raad van Gesondheidsfinansiers (BHF) en die Suid-Afrikaanse Private Praktisynsforum (SAPPF) se aansoek teen die president se ondertekening van die Wet kort voor verlede jaar se nasionale verkiesing. 

“Solidariteit is verheug oor hierdie uitspraak. Dit is ʼn belangrike uitspraak en dit strook sonder twyfel met ons hofsaak waarin ons aanvoer dat die NGV-wet in sy geheel ongrondwetlik, onwettig en immoreel is,” het Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) gesê. Volgens die uitspraak kan die president se ondertekening of goedkeuring van die NGV inderdaad hersien word. Voorts moet hy ook redes of inligting verskaf oor hoe hy tot die besluit gekom het om die NGV-wet te onderteken.

Solidariteit het sy NGV-hofstukke op die regering beteken kort nadat Ramaphosa die wetgewing in Mei 2024 onderteken het.
Sedertdien het ʼn uitspraak ook artikels wat in die Nasionale Gesondheidswet vervat is en wat die regering die mag sou gee om vir dokters voor te skryf waar hulle mag werk, as ongrondwetlik verklaar. Solidariteit het dié artikels oor die sogenaamde sertifikaat van behoefte, wat as ʼn kernpilaar van ʼn sentrale NGV-stelsel beskou is, ook suksesvol in die hof uitgedaag.

“Die NGV kry voortdurend pak in die hof en dit word elke keer opnuut bevestig hoe onwerkbaar hierdie stelsel is. Die regering, en nou spesifiek die president, wend geen poging aan om die rasionaliteit daarvan te bewys nie.

“Hierdie jongste uitspraak is dus ʼn groot oorwinning en kan sorg dat die president nou en in die toekoms aanspreeklik gehou word vir sy besluit om die NGV goed te keur,” sê Du Buisson. Du Buisson het bygevoeg dat dit duidelik raak dat die NGV nie hierdie regstryd sal oorleef nie. Hy glo die regering kan veel eerder ʼn alternatief tot die NGV, soos die een wat SNI verlede jaar uitgereik het, oorweeg en aanvaar.

Volgens Peirru Marx, Solidariteit se netwerkkoördineerder van die mediese beroepe, staan Solidariteit nie alleen in die stryd teen die NGV nie en word sy saak deur hierdie jongste uitspraak versterk. “Dit is vir ons verblydend dat ander organisasies ook met hofaksie slaag. Saam moet ons hierdie aanslag op ons gesondheid afweer. In die BHF en SAPPF se geval het die staat geweier om te luister na mediese beroepslui wat ook nie die NGV ondersteun nie. “Die regering gaan na hulle insette móét luister en alternatiewe wat werkbaar en implementeerbaar is móét oorweeg. Daar moet opgetree word in die belang van pasiënte en beroepslui wat hierdie dienste moet lewer – nie in eiebelang nie,” sê Marx.

 

SA marks African World Heritage Day with focus on preservation and education

SANParks also acknowledged the day, stating that it remained committed to safeguarding the country’s natural heritage.
Anchen Coetzee

Another milestone for iOlogue Media as The Travel Thread takes flight

Mariana has explored the continent from bundu-bashing trails to the finest luxury destinations.
Charlotte Hayes

As elke dorp soos Ceres optree, sal die Kaap weer Hollands wees

Die organiseerders het die dag beskryf as 'n sterk begin vir 'n langtermynpoging om Ceres skoon en groen te hou.
Anchen Coetzee

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Met die publisering van die finale regulasies is groot dele van die ooreenkoms, ten spyte van die hofbevel, uitgelaat.
Pieter Jordaan