Foto’s verskaf deur Pieter (Pottie) Potgieter.

Barberton neem afskeid van geliefde gemeenskapslid, Brenda Potgieter

Posted in De Kaap Echo by Lynette Spencer on 30 May, 2025 at 12:15 p.m.
Barberton rou saam oor die afsterwe van Brenda Potgieter, ’n geliefde inwoner wat vir meer as vyf dekades ’n verskil in die gemeenskap gemaak het. Sy is op 8 Maart 1953 in Hendrina gebore en het later haar skoolopleiding in Barberton voltooi, waar sy die afgelope 58 jaar gewoon het.
Foto’s verskaf deur Pieter (Pottie) Potgieter.

Brenda het haar man, Johan Potgieter, ’n oudonderwyser van beide Laer- en Hoërskool in Barberton ook hier ontmoet en hulle het twee seuns, Pieter (Pottie) en Johan, grootgemaak. Die twee was Brenda se trots. Pottie bly steeds in Barberton en haar jongste, Johan in Nieu Zealand.

Haar betrokkenheid by die gemeenskap het diep spore gelaat. Brenda was vir baie jare betrokke by Kleutervriend Kleuterskool, waar sy kleutersorg met liefde en toewyding verrig het. Sy het ook diens gelewer in die meisieskoshuis van Hoërskool Barberton (voor dit toegemaak is), die skool se snoepwinkel bestuur, en was betrokke by verskeie aktiwiteite van die Barberton Rugbyklub, insluitend die hantering van hekfooie tydens wedstryde.

“Brenda was altyd bereid om ’n hand te gee, of dit nou by die skool, kerk of sportveld was,” het vriende gesê. “Sy het elke kind behandel as haar eie en haar glimlag was ’n vaste baken van warmte in ons gemeenskap.”

Behalwe haar twee seuns laat sy ook twee kleinkinders agter.

’n Roudiens ter viering van haar lewe sal gehou word op Donderdag, 5 Junie om 10:00 by die Volle Evangelie Kerk in Barberton, skuins oorkant die Biblioteek. Enigiemand wat wil bywoon of meer wil uitvind, kan Pottie kontak by 082 560 9535.
Lees meer uit die pen van Lynette Spencer HIER.
Disclaimer: View our full disclaimer regarding photos, historical images, opinions, information accuracy, and user-generated content HERE.

Editor's Echo: Teacher, coach, counsellor... superhuman?

Being a school teacher is no longer just about chalkboards and curriculum.
Lynette Spencer

Bowls tournament honours a Barberton legend

Twelve teams from Mpumalanga and Gauteng gathered in Barberton, showing off both their skill and camaraderie.
Lynette Spencer

Kobus de Wet, oud-skoolhoof van BHS, se lewe na aftrede

Van De Wet se mooiste Barberton-herinneringe is die lekker ure as aktiewe lid van die dorp se tennis- en rolbalklub.
Lynette Spencer

Young talent from Barberton makes waves in Nelspruit and beyond

Tineka's story is a powerful reminder that greatness often begins with small, consistent steps.
Lynette Spencer