Ané met ‘n kopie van die J.K. Rowling se boek, Die Ickabog.

En toe skryf sy sommer self vir De Kaap Echo: My Ickabog avontuur

Posted in De Kaap Echo by Lynette Spencer en Ané Janse van Rensburg on 28 May, 2025 at 12:37 p.m.
WhatsApp ons gerus HIER indien jy meer te wete wil kom.

Ané Janse van Rensburg (13) is ‘n graad 7 leerling in Laerskool Barberton Primary. Sy is die oudste van twee dogters. Haar ouers is Johan en Anzel en hulle boer op die plaas Lovedale in Low’s Creek. Haar jonger sussie, Lumé is 10 jaar oud en in graad 4. Die familie is oud Laevelders en beide dogters het hul skoolloopbane in Barberton begin.

Ané het aan ‘n tekenkompetisie in 2020 deelgeneem en was so bevoorreg dat haar skets gekies is om te gebruik te word in ‘n nuwe boek wat J.K Rowling besig was om te skryf, maar wag, laat sy julle self vertel.

Ané met ‘n kopie van die J.K. Rowling se boek, Die Ickabog en (regs) haar skets wat opgeneem is in die boek met Daisy op die skouers van die Ickakbog.

“Hallo, ek is Ané, nou 13 jaar oud, maar ek gaan julle vertel van iets super spesiaals wat gebeur het toe ek nog net 8 jaar oud was, tydens daardie mal grendeltyd van Covid-19 in 2020. Dit was ’n tyd toe ons almal in ons huise moes bly, maar een ding het my hart laat sing: die Ickabog illustrasie kompetisie wat J.K. Rowling, my absolute gunsteling skrywer, aangekondig het!

Ek is mal oor Harry Potter. Ek bedoel, wie is nie? Ek het al die boeke gelees (okay, my ma het vir my gelees, en ek het elke fliek oor en oor gekyk). Ek het gedroom van Hogwarts en towerkuns. Toe ek hoor J.K.Rowling soek prente vir haar nuwe storie, Die Ickabog, en dat kinders soos ek kon inskryf, het ek amper uit my vel gespring van opgewondenheid. Ek het dadelik vir my ma gesê, “Ek móét hieraan deelneem! Dalk kies hulle my prent vir die boek!” My ma het gelag en gesê, “Hoekom nie?”

Die kompetisie het gesê ons moet prente teken vir sekere dele van die storie, en ek het die deel gekies waar Daisy, een van die hoofkarakters, op die Ickabog se skouers ry. Ek het dit in my kop gesien: Daisy, so dapper en klein, op die groot, harige Ickabog se skouers, met haar vlegsel wat in die wind waai. Ek het gedink dit sal so cool wees. Ek het my potlode, en ’n groot vel papier gegryp en begin teken.

‘n Skets van Jock wat sy vir ‘n skoolprojek geteken het en (regs) nog een van Ané se unieke sketse.

Maar, o toggie, dit was nie maklik nie! Ek het eers ’n paar probeerslae gemaak. Die Ickabog het gelyk soos ’n oorgroot teddiebeer in een prent, en Daisy se lyf was heeltemal skeef in n ander. Ek het ure daaraan spandeer. Ek wou hê die Ickabog moet vriendelik maar ook bietjie gevaarlik lyk, want hy’s mos nie regtig ’n monster nie. En Daisy? Sy moes soos ’n regte heldin lyk, met ’n vuur in haar hart. Ek het elke detail probeer perfek kry – die plooie in Daisy se klere, die rowwe tekstuur van die Ickabog se hare.  My kamer was ’n gemors van papiere en potloodskerpmaaksels, maar ek was so trots op my prent. Toe ons dit moes in stuur, het my ma my gehelp om die prent te skandeer en aanlyn op te laai. My hart het so vinnig geklop toe ek die “stuur”-knoppie gedruk het. Wat as hulle dit nie kies nie? Maar diep binne my het ek gehoop, nee, gegló, dat my prent iets spesiaals was. Maande later, toe ons al amper vergeet het van die kompetisie, kry ons ’n e-pos. My ma het dit oopgemaak en begin lees. My prent van Daisy op die Ickabog se skouers was een van die wenners! Ek kon dit nie glo nie. My prent, in J.K. Rowling se boek? Dit was soos ’n droom wat waar geword het! Ek was so trots, en ek het vir dae lank met ’n reuse glimlag rondgeloop."

Nou, vyf jaar later, kyk ek terug en glimlag nog steeds. Daardie kompetisie was meer as net ’n prent teken. Dit was my kans om deel te wees van iets groots, om my verbeelding te gebruik, selfs in ’n tyd toe die wêreld so bang en onseker gevoel het. Ek het my Ickabog-prent nou nog in my kamer, en elke keer as ek daarna kyk, onthou ek hoe ek, klein Ané van 8, so opgewonde gevoel het en ek wou net meer prente teken. Die Ickabog kompetisie het my gehelp ontdek dat ek ‘n passie het vir teken, en my sketsboek is my grootste vreugde.”

Ané het groot planne vir haar toekoms. Sy doen huidiglik aansoek om volgende jaar Hoërskool Nelspruit toe te gaan. Sy skets nog steeds en het geen formele onderrig in teken gekry nie. Sy doen ook 2D en 3D “scalping” en animasie op die rekenaar of op haar selfoon. En wat van na skool? Sy wil graag ‘n paleontoloog word of forensiese werk doen. Definitief nie ‘n jonge dame om te onderskat nie. Sy droom groot!

Ané se raad aan jong mense is: “Wees altyd lief vir wat jy doen, dan sal jy suksesvol wees.”

Indien jy van hierdie storie gehou het, en meer wil lees oor Barberton, gaan loer HIER.
Disclaimer: View our full disclaimer regarding photos, historical images, opinions, information accuracy, and user-generated content HERE.

Barberton neem afskeid van geliefde gemeenskapslid, Brenda Potgieter

“Brenda was altyd bereid om ’n hand te gee, of dit nou by die skool, kerk of sportveld was.”
Lynette Spencer

Barberton and Pilgrim's Rest: The gold rush rivalry that shaped two towns

Pilgrim’s Rest came first, but Barberton quickly outpaced it in terms of production, profit, and population.
Lynette Spencer

Dreamer, drifter, deluded genius: the curious case of Tom McLachlan

Not many people may know about this interesting prospector and the great influence he had on the discovery of gold in Barberton.
Lynette Spencer

Barberton offers visitors a journey through time

The town’s layout and walkability allow for self-guided tours of its many historical buildings.
Lynette Spencer