Stock image: iOlogue InHouse. Prompt: Anchen Coetzee.

Solidariteit bring hofaansoek teen sektorkodes binne die regsberoep

Posted in News by Pieter Jordaan on 8 April, 2025 at 10:11 a.m.
Solidariteit se Regsnetwerk het ’n hofaansoek gebring teen die sektorkodes vir swart ekonomiese bemagtiging (SEB) wat owerhede vir die regsberoep wil instel. Hierdie aansoek teen die Departement van Handel, Nywerheid en Mededinging, die minister van justisie en staatkundige ontwikkeling en die Regspraktisynsraad (RPR) het ten doel om hierdie oorregulering in die regsberoep as onwettig, irrasioneel en ongrondwetlik uit te wys. Hierdie voorgeskrewe sektorkodes vir die regsektor wat op 20 September 2024 deur minister Parks Tau onderteken is, staan in stryd met die Grondwet. Solidariteit neem regstappe nadat sy vroeëre aanmaning daaroor op dowe ore geval het.

Solidariteit is volgens Riaan Visser, hoof van Solidariteit se Regsnetwerk, tot die reg verbind en doen moeite om toe te sien dat die prosedures wat sulke voorskrifte wil deurdruk, ten minste aan die wetlike proses voldoen. “Solidariteit se Regsnetwerk glo die regsberoep is uniek en dat oorregulering daarvan ongevraagd en oorbodig is. Dit sal ’n beperking plaas op mense se vryheid van keuse vir regsverteenwoordiging aangesien kliënte se opsies vir prokureurs of advokate gereguleer en aan hulle voorgeskryf word. “Hierdie oorregulering ten opsigte van rassevoorskrifte sal ’n impak op die eienaarskap en bestuur van regsfirmas hê,” het Visser gesê.

In die hofaansoek vra Solidariteit vir die volgende:
* dat die minister se besluit om die sektorkodes uit te reik en/of te publiseer, hersien en ter syde gestel word;
* dat die regsektorkodes as onwettig, irrasioneel en ongrondwetlik verklaar word; en
* dat erken word die regsektorkode is in stryd met die Internasionale Reg waaraan die Republiek van Suid-Afrika grondwetlik verplig is om te voldoen.

 
Solidariteit doen hiermee ook ’n beroep op regslui om die aksie teen die omstrede regsektorkodes te ondersteun. Solidariteit gaan eersdaags sy amptelike ondersteuningveldtog hieroor bekendmaak waarmee hy hoop om hierdie onreg in sy spore te stuit.

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee

VSA-tariewe: Laaste kans vir Ramaphosa om groot werksverliese te red

“Die SA regering het die land en sy mense gefaal en ideologiese stiksienigheid en politieke arrogansie gaan gewone mense hulle werk kos.”
Pieter Jordaan

SA regering by VN-agentskap aangekla oor verbreking van ras-skikking

"Hierdie is die volgende stap in Solidariteit se stryd teen die rasmalheid van die Suid-Afrikaanse regering."
Pieter Jordaan

Soar into savings with OppiDam's winter specials

Set on the banks of Vygeboom Dam, OppiDam offers a variety of accommodation options.
Anchen Coetzee