Beeld: KI. Aanwysing: Anchen Coetzee.

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Posted in News by Pieter Jordaan on 24 April, 2025 at 9:45 a.m.
Solidariteit gaan die hof vra om president Ramaphosa, as staatshoof, skuldig te bevind aan minagting van die hof. Dit volg nadat die regering ’n skikkingsooreenkoms tussen Solidariteit en die regering van Suid-Afrika, oor rassewetgewing, verbreek het. 

Solidariteit het vandag as eerste stap vir die president geskryf dat hy die ooreenkoms moet implementeer om regstappe te vermy. Die ooreenkoms is op 28 Junie 2023, onder toesig van die Verenigde Nasies (VN) se Internasionale Arbeidsorganisasie (IAO), gesluit en deur die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) in Suid-Afrika gefasiliteer. Die ooreenkoms is ook ’n bevel van die hof gemaak. Ingevolge die hofbevel moet die ooreenkoms saam met die regulasies van die Wet op Billike Indiensneming, wat reeds in 2023 ontwikkel is, gepubliseer word. Die finale regulasies is op 15 April 2025 gepubliseer, maar net enkele bepalings van die ooreenkoms is gepubliseer. 

Lees die aanmaning hier.

Die regering het eensydig bepalings verwyder, soos dat rassewette tydelik moet wees, dat niemand op grond van rassewette afgedank mag word nie en dat werkgewers verplig is om die inherente vereistes van ʼn pos en die poel van beskikbare vaardighede in ag te neem. Die ooreenkoms het gevolg nadat Solidariteit ’n klag by die IAO gelê het. Die IAO het voorgestel dat ’n mediasieproses tussen Solidariteit en die regering moet volg. Solidariteit het ingestem en die regering het voorgestel dat die KVBA dit moet fasiliteer. Na maande se mediasie is ’n ooreenkoms bereik. Die ooreenkoms is tydens ’n openbare geleentheid deur die voorsitter van die Solidariteit Beweging, Flip Buys, en die minister van indiensneming en arbeid, Thulas Nxesi, onderteken. Die minister van indiensneming en arbeid gaan as tweede respondent in Solidariteit se saak gevoeg word.

Volgens Solidariteit is die ooreenkoms wél in sy geheel in die konsepregulasies gepubliseer. Met die publisering van die finale regulasies is groot dele van die ooreenkoms, ten spyte van die hofbevel, uitgelaat. “Die regering het dus doelbewus besluit om dele uit te laat. Ons is diep teleurgesteld dat die regering nie hou by ooreenkomste wat bereik word nie. President Ramaphosa sê gereeld dat Suid-Afrikaanse probleme in Suid-Afrika opgelos moet word, maar dit is onmoontlik as die regering nie ’n betroubare vennoot is nie. Hierdie verbreking van die ooreenkoms volg nadat die regering ’n ooreenkoms met Solidariteit, by Nedlac, oor die Bela-wet, ook verbreek het. 

“Dit is kommerwekkend dat die dele wat uitgelaat is, onder andere bepaal dat niemand op grond van rassewette afgedank mag word nie, dat rassewette tydelik moet wees, en dat vaardighede en die inherente vereistes van die pos in ag geneem moet word. Die regering wil duidelik die rassebedeling in Suid-Afrika verskerp,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit.

Behalwe die minagtingsaak gaan Solidariteit ook die rasionaliteit en wettigheid van die regulasies in die hof uitdaag. Solidariteit gaan ook by die IAO ’n klag teen die regering lê weens die verbreking van ’n ooreenkoms wat deur die IAO gefasiliteer is.

Lees die aanmaning hier.

 

 

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee

VSA-tariewe: Laaste kans vir Ramaphosa om groot werksverliese te red

“Die SA regering het die land en sy mense gefaal en ideologiese stiksienigheid en politieke arrogansie gaan gewone mense hulle werk kos.”
Pieter Jordaan