Voorraad beeld: Pixabay.

Bankkosteverslag 2025: Die groot vyf al hoe meer mededingend

Posted in Business & Finance by Pieter Jordaan on 6 March, 2025 at 10:35 a.m.

Banke raak oor die algemeen meer mededingend volgens die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI) se Bankkosteverslag vir 2025 wat pas uitgereik is. Solidariteit se jaarlikse bankkosteverslag ontleed slegs gewone transaksieprofiele – rekeninge wat vir enige lid van die publiek beskikbaar is.

Mededingendheid het aan die begin van 2025 in al vier transaksieprofiele verbeter, met koste wat tussen die banke nie net laer word nie, maar nader aan mekaar beweeg. Die vyf vernaamste banke waarrondom die bankkosteverslag saamgestel is, is Absa, FNB, Standard Bank, Nedbank en Capitec, met Tymebank en Bank Zero wat ook in die aanlyn kategorie ingesluit word. Volgens Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by die SNI, wys die verslag ʼn aansienlike verandering in die wyse waarop onmiddellike oorbetalings tussen rekeninge van verskillende banke gedoen word. 

Die PayShap-oorbetalingsfunksie vergun gratis transaksies by amper al die banke, waar die oorbetaling minder as R100 beloop, en waar die verbruiker ʼn ShapID opgestel het. Dit verminder die nodigheid van kontantgebruik vir kleiner transaksies nog meer.
Die limiet vir PayShap-oorbetalings is verlede jaar tot R50 000 verhoog, met die gevolg dat baie banke dit nou as plaasvervanger vir onmiddellike oorbetalings beskou. Die banke het dus in die meeste gevalle hul eie koste vir onmiddellike oorbetalings verlaag sodat dit dieselfde as PayShap-koste kan wees.

Die belangrikste faktor vir die bepaling van die wenner in die afdeling vir suiwer aanlyn bankbehoeftes is die aantal gratis transaksies wat toegestaan word. In hierdie verband is TymeBank die duidelike wenner, aangesien PayShap-transaksies gratis is en geld maklik na ʼn selfoonnommer gestuur kan word. Van die transaksies op die SNI se lys hef TymeBank slegs koste op die aankoop van elektrisiteit en lugtyd, terwyl Bank Zero selfs hierdie dienste gratis aanbied. Bank Zero se enigste koste is vir die stuur van geld na ʼn selfoonnommer. 

Du Buisson sê vir kliënte wat nie fisieke takke benodig nie is aanlyn banke dus die mees koste-effektiewe opsie. “TymeBank en Bank Zero sluit eenvoudig meer gratis transaksies as enige van hul mededingers in. Dit lyk dus of tradisionele banke, met die uitsondering van Absa en dalk FNB, besluit het om nie meer so aggressief aan die lae-inkomste marksegment te bemark nie,” sê Du Buisson.
Die middelinkomsteprofiel, met ʼn mandjie van 25 transaksies, toon ʼn hoogs mededingende mark, waar banke verskeie voordele bied, insluitend lojaliteitsprogramme en gekoppelde kredietkaarte. 

“Capitec is die goedkoopste teen R107,50, maar Nedbank se Migoals Plus-rekening bied teen slegs R2,50 meer aansienlik meer waarde en word as die mees kostedoeltreffende opsie in hierdie segment beskou,” sê Du Buisson. Hierdie mark toon dat suiwer koste nie altyd die beste aanwyser van waarde vir individuele verbruikers is nie omdat beloningsprogramme en ander voordele vir verbruikers belangrik is. 

In die hoërmiddelklas-banksegment, waar 30 transaksies per maand oorweeg word, speel toegevoegde waarde en beloningsprogramme ʼn groter rol as suiwer koste. Nedbank se Migoals Premium-rekening is die mees kostedoeltreffende teen R240 per maand, met FNB se Fusion Premier en Absa Ultimate Plus as sterk mededingers. Die mark het meer mededingend geword, met min groot prysverskille, wat dit vir verbruikers makliker maak om voordele soos toegang tot lughawesitkamers, gekoppelde kredietkaarte en 24-uur bankdienste te vergelyk.

“Kliënte word wel aangemoedig om self te bepaal of die ekstra voordele wel die hoër koste regverdig,” sê Du Buisson. 
“Elke bank probeer om te voldoen aan verskillende verbruikersbehoeftes, en die verbruiker moet besluit watter opsie die beste aan sy behoeftes voldoen,” sluit Du Buisson af.

Lees die volledige Afrikaanse verslag hier, en die Engelse verslag hier.

How AI is shaping the future of South African startups

Automation is key to AI adoption in South African startups, boosting efficiency and scalability with minimal cost.
Naomi Roebert

Why more black-owned businesses are moving online

Social media platforms such as Instagram, Facebook, and TikTok have played a central role in this digital migration.
Melissa Hartman

How South African SMEs can sell directly on WhatsApp and TikTok

Personalized messaging builds trust and adds to the shopping experience.
Naomi Roebert

How women entrepreneurs in SA can secure venture capital in 2025

Establishing solid business networks and seeking guidance from mentors are essential steps.
Naomi Roebert