Photo: Piron Guillaume.

Solidariteit skryf aan LUR vir gesondheid oor dienskontrakte en SEB-sertifikate vir dokters

Posted in News by Peirru Marx on 26 March, 2025 at 11:04 a.m.
Solidariteit se doktersnetwerk het beswaar aangeteken teen die Gautengse departement van gesondheid se skielike veranderings aan dienskontrakte vir mediese personeel wat dienste by staatshospitale wil lewer. Hierdie veranderinge word as onnodig, teenproduktief en skadelik vir 'n reeds sukkelende gesondheidsorgstelsel in Suid-Afrika beskou.


In 'n formele brief aan die Gautengse LUR vir Gesondheid beklemtoon Solidariteit hoe hierdie dokters dikwels noodsaaklike gesondheidsorgdienste in afgeleë gebiede gelewer. Hierdie kontrakte is voorheen op ‘n jaarlikse basis deur die Menslike Hulpbronne-departement hernu, wat deurlopendheid met mediese sorg by hierdie fasiliteite verseker het. 

Dokters is egter onlangs op WhatsApp in kennis gestel dat hul kontrakte op 31 Maart 2025 beëindig sal word. Daarvolgens sal dit net hernu word sou hulle met ‘n moeisame administratiewe proses as onafhanklike kontrakteurs registreer – ‘n proses wat nie langer deur Menslike Hulpbronne nie, maar deur voorsieningskettingbestuur gereguleer sal word.

Volgens Peirru Marx, koördingeerder van Solidariteit se doktersnetwerk, sal dokters nou hul eie maatskappye moet registreer waarvoor hulle eerstens Swart Ekonomiese Bemagtigingsertifikate (SEB) sal moet bekom en hulself op die sentrale databasis vir diensverskaffers moet lys net om steeds noodsaaklike mediese dienste te kan lewer. “Suid-Afrika het reeds ’n ernstige tekort aan dokters in openbare hospitale. Nou word hierdie toegewyde professionele persone met onnodige burokratiese struikelblokke belas wat geen positiewe impak op gesondheidsorglewering gaan hê nie,” sê Marx. “Die vereiste dat dokters onafhanklike kontrakteurs moet word wat deur ’n verkrygingsproses moet gaan is nie net irrasioneel nie, maar ontwrig ook die kontinuïteit van dienslewering.”

Solidariteit versoek dat die Gautengse Departement van Gesondheid die volgende sake dringend uitklaar:
•    Die rasionaal en wetlike grondslag vir die verskuiwing van kontrakhernuwing vanaf Menslike Hulpbronne na Voorsieningskettingbestuur.
•    Formele en deursigtige kommunikasie oor hierdie nuwe indiensnemingsproses sodat alle mediese personeel wat geraak word dit kan verstaan.
•    Die moontlike skending van Artikel 186(1)(b)(i) van die Wet op Arbeidsverhoudinge, wat onbillike ontslag voorkom deur nie-hernuwing van kontrakte onder minder gunstige voorwaardes.

Volgens Marx is geen insette hieroor gekry van dokters as die belangegroep wat juis hierdeur geraak gaan word nie.
“As hierdie beleid nie heroorweeg word nie, sal gemeenskappe wat dit regtig nodig het daardie noodsaaklike mediese kundigheid verloor. Dokters sal boonop met verdere onsekerheid gekonfronteer word.

“Solidariteit doen daarom 'n beroep op die Gautengse Departement van Gesondheid om hierdie onpraktiese maatreëls onmiddellik om te keer en om met relevante belangegroepe in gesprek te tree sodat gesondheidsorgwerkers se regte en pasiënte se behoeftes beskerm word,” sê Marx. 

Sien Solidariteit se onlangse brief aan die Gautengse LUR vir Gesondheid hier.

JSE back on young SA investors' radar, but with a twist

This new crowd isn’t in suits or glued to Bloomberg. They’re building ETF portfolios on their smartphones.
Adam Morgan

Can private capital rescue the freight network?

Private equity and bankers are eyeing South Africa's rail sector with anticipation.
Adam Morgan

How ArcelorMittal's shocking plant closures will impact SA's carmakers

Major carmakers urged AMSA to delay plant closures to find alternative steel sources.
Naomi Roebert

Slapelose nagte baie se voorland: Begrotingskrisis meer as net BTW-verhoging

"Meer mense in laer inkomstegroepe gaan gevolglik nou vir die eerste keer ooit persoonlike inkomstebelasting betaal."
Theuns du Buisson