Photo: Mikhail Nilov.

Slapelose nagte baie se voorland: Begrotingskrisis meer as net BTW-verhoging

Posted in News by Theuns du Buisson on 18 March, 2025 at 2:53 p.m.
Die minister van finansies, Enoch Godongwana, se onlangse begroting word veral uitgesonder vir die skerp kritiek op die styging van BTW wat dit ontvang, maar dit verdien in der waarheid nog veel méér kritiek as dit. So sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut (SNI), oor die voortslepende begrotingskrisis waarvoor daar steeds geen lig aan die einde van die tonnel is nie.

Alhoewel Du Buisson óók die voorgestelde BTW-verhoging as skadelik vir die land en sy mense verwerp, glo hy ander skadelike elemente van die onaanvaarbare begroting kry nie genoeg aandag nie. In dié verband wys hy op die breër tendens van groter belasting en onvoldoende besnoeiings.

“Dit is absoluut onaanvaarbaar dat die kerwe vir persoonlike inkomstebelasting vir die tweede agtereenvolgende jaar onaangepas gelaat word. Meer mense in laer inkomstegroepe gaan gevolglik nou vir die eerste keer ooit persoonlike inkomstebelasting betaal. Diegene wat rééds inkomstebelasting betaal, gaan agterkom dat die grootste deel van hulle verhogings eerder vir belasting as vir hulle eie sak gaan,” sê Du Buisson.

Hy sê deur hierdie begroting as “pro-groei” te bestempel omdat staatsbesteding steeds hoog bly, kan ook as ʼn verdraaiing van die werklikheid beskou word. “Aan die een kant is daar konsensus dat staatsbesteding juis die oorsaak van die vernaamste probleme met die begroting is, maar daar is ʼn volgehoue onwilligheid om koste te besnoei, kamstig om groei aan te moedig. Die regering moet besef dat die privaat sektor baie beter vaar om groei te bevorder en daarom moet die owerhede dringend ophou om die lewe uit die privaat sektor en gewone mense te wurg,” sê Du Buisson

Klik hier vir ʼn uitgebreide gesprek tussen Du Buisson en Werner Fourie, ekonomiese navorser van die Solidariteit Beweging , oor kritiek op die begroting wat wyer as net die BTW-verhoging strek.

Solidariteit verwelkom uitspraak oor NGV-ondertekening

Volgens die uitspraak kan die president se ondertekening of goedkeuring van die NGV inderdaad hersien word.
Pieter Jordaan

SA marks African World Heritage Day with focus on preservation and education

SANParks also acknowledged the day, stating that it remained committed to safeguarding the country’s natural heritage.
Anchen Coetzee

As elke dorp soos Ceres optree, sal die Kaap weer Hollands wees

Die organiseerders het die dag beskryf as 'n sterk begin vir 'n langtermynpoging om Ceres skoon en groen te hou.
Anchen Coetzee

Solidariteit kondig optrede teen Ramaphosa aan oor minagting van hof

Met die publisering van die finale regulasies is groot dele van die ooreenkoms, ten spyte van die hofbevel, uitgelaat.
Pieter Jordaan