Beeld: KI (AI). Aanwysing (prompt): Anchen Coetzee.

Gaan jou gatsak ook brand na die 2025-begrotingsrede?

Posted in News by Anchen Coetzee on 13 March, 2025 at 12:54 p.m.
As jy 'n roker of drinker is, het jy dalk gehoop dat die onlangse belastingverhogings in die 2025-begrotingsrede net 'n vroeë Aprilgekkedag-grap was. Ongelukkig, op 1 April, sal alle grappies op 'n stokkie wees, want dit is die dag wat sondebelasting op alkohol- en tabakprodukte in werking tree.

Minister van finansies, Enoch Godongwana, se aankondiging was nie net 'n finansiële hou nie, maar ook 'n herinnering dat hierdie sondige genot van duisende Suid-Afrikaners 'n prys het. Terwyl die land se fokus op die geleidelike BTW-verhoging was, sal rokers en drinkers die eerste wees om die impak van verhoogde aksynsbelasting te voel.

Wat gaan jou skande jou uit die sak jaag?
Vanaf 1 April sal Suid-Afrikaners meer betaal vir hul persoonlike plesiertjies:

  • Alkohol: Verwagte 'n 6.75% verhoging in aksynsbelasting op spiritualieë, wyn en bier. Dit beteken:
    • 16 sent ekstra vir elke blikkie bier
    • R1.20 meer vir 'n bottel vonkelwyn
    • 'n Pynlike R6 ekstra vir 'n bottel spiritualieë
    • Tradisionele Afrika-bier kry egter 'n vrypas en bly onveranderd.
  • Tabak: Om 'n sigaret aan te steek gaan ook meer kos, met 'n 4.75% verhoging in aksynsbelasting. Dis sowat R1 ekstra per pakkie sigarette, met soortgelyke verhogings vir damprokers (vapers) en gebruikers van ander tabakprodukte.

Dis die soort prysveranderinge wat jou laat wonder of die regering 'n grap probeer maak. Heelaas nie. Dit is die harde realiteit van sondebelasting in 2025.

Gaan die grappie te vêr?
Hoewel die term "sondebelasting" al jare gebruik word, raak dit toenemend 'n gevoelige punt. Kritici meen dié term laat wettige produkte, en die bedrywe wat daardie produkte ondersteun, na opperste skurke lyk. Lucky Ntimane, sameroeper van die National Liquor Traders Council, glo dis tyd om die term finaal vaarwel toe te roep.

Ntimane het gesê dat ons nie 'n godsdienstige staat is waar produkte as sondig gebrandmerk behoort te word nie. In ‘n onderhoud met The Citizen, het hy het bygevoeg dat sy organisasie ‘n skrywe gerig het aan Godongwana en President Cyril Ramaphosa om die gebruik van hierdie term summier stop te sit. Dit wil voorkom asof sy versoek posgevat het, want die woorde “sin” en “tax” het nog nie weer opeenvolgend oor die minister se lippe gerol nie.

Die werklike bekommernis is nie die term nie, want hierdie joernalis glo dat enigeen wat deelneem aan hierdie duistere plesiere, eintlik ‘n veer voel wat dit genoem word nie. Die finansiële impak is ‘n perd van ‘n ander kleur. Volgens Ntimane kan hierdie verhogings meer mense dryf na die onwettige alkoholmark, en dit is reeds meer werd as R20 miljard per jaar.  Hy het gewaarsku dat hierdie hoër aksynsbelasting se grootste voordeeltrekker onwettige handelaars gaan wees. Wettige handelaars verloor verkope, verbruikers wend hulle tot gevaarlike alternatiewe, en die regering verloor uit op wettige belastinginkomste, reken Ntimane. Dis 'n bose kringloop wat geen hoeveelheid wetgewing blyk te kan breek nie.

Hoër sondebelasting tref ook meestal laer-inkomste huishoudings die hardste. Dit verander die eens bekostigbare plesier in 'n luukse en soos die pryse styg, kry die onwettige mark al meer vastrapplek. Dit wil voorkom asof die regering se regverdiging van hierdie sin tax, wat onder andere as bevordering van openbare gesondheid voorgehou word, eintlik maar meer gaan daaroor om begrotingstekorte aan te vul - ten koste van die, tot-dusver wettige, sondebokke op straat.

Of jy nou saamstem met die beginsel van sondebelasting of nie, een ding is seker: teen 1 April is alle grappies op 'n stokkie vir almal wat 'n nikotien- Átē of 'n drankie geniet. En as jy gehoop het dit was net 'n Aprilgrap, jammer om te sê, maar hierdie is doodernstig en dat heelwat sogenaamde sondaars mag moontlik met nuwe oë kyk na daardie stokou stook-ketel, of selfs na daardie kakiebos-look alike tabakplantjies wat vir so lank gebrandmerk was as oom Dywil homself.

Africa InTouch News wil hierdie vrae hier plaas vir ’n moontlike opvolg-artikel met die finansiële ekspert wat dit onder ons leke-aandag gebring het: 

Die finansiële kenner het verduidelik dat hoewel persentasie-verhogings, soos die 6.75% op alkohol en 4.75% op tabak, eenvoudig en regverdigbaar is, die werklike impak op Rand-waardes baie meer kompleks is. 

"’n Persentasie is ’n persentasie: 6.75% is 6.75%, en 15% BTW is 15% BTW, maar wanneer mense begin praat van Rand-waardes, soos dat ’n bottel wyn met R1 gaan styg, is dit myns insiens misleidend. Watter winkels het hulle gaan vergelyk? Want my winkel en jou winkel het dalk heeltemal verskillende pryse," het die kenner gevra. 

Hulle het verduidelik dat die aanvanklike belastingverhoging van toepassing is op die vervaardiger of invoerder, wat eerste die ekstra aksynsbelasting betaal. Maar daardie koste stop nie daar nie. Dit stapel op met elke tree van die verskaffingsketting

"As die R1-verhoging aan die vervaardiger se kant toegepas word, dan is daardie bedrag onderhewig aan verdere koste. Dit beïnvloed die bottelering, verpakking en die eerste verkoopsprys. Dié pryse sluit dan weer ander margins, winsopslag en belasting in. Sodra dit na ’n groothandelaar gestuur word, voeg hulle hul prys by. Die kleinhandelaar doen dieselfde. Teen die tyd dat die produk die eindverbruiker bereik, is dit nie net R1 duurder nie. Die finale prys hang af van die hele proses en dit wat langs die pad bygevoeg word." 

Volgens die kenner geld dieselfde vir kleiner verhogings, soos die 16 sent ekstra op ’n blikkie bier.  "Waar kry hulle daardie 16 sent vandaan? Ek kan jou nou al sê, dit gaan nie 16 sent meer kos by X én 16 sent meer by Y se bottelstoor nie. Dit gaan verskil. Een plek mag dalk met 20 sent verhoog, ’n ander met 50 sent, en nog een dalk met 18 sent. Dit hang af van hoe elke winkel hul pryse vasstel en hoeveel wins hulle wil maak." 

Hulle het beklemtoon dat die neiging om eenvoudige Rand-waardes voor te hou, dikwels, sonder voorbedagte rade, maar dalk uit blote onkunde, of wan-informasie, of selfs ‘n tekort aan informasie, misleidend is. "As dit 16 sent by Z-brouerye is, omdat dit is wat hulle aan SARS moes betaal, is dit net die begin. Die bottelering gaan duurder wees, die verpakking, vervoer, en elke ander stap in die proses dra by tot die finale prys. Teen die tyd dat dit rak toe gaan, gaan dit soveel meer kos. Om te sê ’n produk gaan presies met R1 of 16 sent styg, is onakkuraat, want dit weerspieël nie die werklike prysproses nie." 

In kort wil dit voorkom dat, hoewel persentasie-verhogings eenvoudig lyk, dit bykans onmoontlik is om presiese Rand-verhogings vir verbruikers te voorspel, weens die verskeie stappe van winsopslag, BTW, en hoe kleinhandelaars hul pryse vasstel. Dus sal Africa InTouch News poog om ‘n opvolgartikel te doen met hierdie ekspert en verdere lig op slegs hierdie aangeleentheid werp.

Vrywaring:
Let asseblief daarop dat hierdie insig van die finansiële kenner, asook die vrae van Africa InTouch News, as mening beskou moet word op hierdie stadium. Alhoewel dit beslis boeiend en insiggewend is, sal ons verdere ondersoek moet instel en dit oordra in die moontlike opvolg artikel.

Ons hoor graag wat jy dink. Deel jou mening in die kommentaarafdeling hieronder.

The impact of G20 strategies on South African business growth

The G20 presidency is a key chance to shape global strategies and boost continental growth.
Naomi Roebert

Rob Hersov's controversial new interview: What are the economic implications for South Africa?

Criticism of the ANC’s governance, from infrastructure decline to U.S. sanctions, fuels debate on South Africa’s future.
Naomi Roebert

Marketing push as media company fills key role

For Coetzee, appointing Roebert is a strategic decision that aligns with the company’s long-term vision.
Charlotte Hayes

Is AGOA at risk, and what does it mean for business?

South Africa secured AGOA benefits for 2025, but geopolitical tensions cast doubt on its future renewal.
Melissa Hartman