Sesjarige Joshlin Smith van Saldanha.

Polisie laat geen steen onaangeroer om vermiste Joshlin op te spoor nie

Posted in News by Anchen Coetzee on 22 February, 2024 at 11:40 a.m.

Wes-Kaap: “Die soektog na die sesjarige Joshlin Smith van Saldanha is hervat,” het Lt Kol Pojie vanoggend aan Rivier Rekord gesê.

Volgens Pojie het hy vroeg reeds met die ondersoekbeampte kontak gemaak en word alles moontlik gedoen om elke leidraad op te volg.

“Alle leidrade word steeds opgevolg en daar is vanoggend weer redding-en-opsporingshonde ontplooi en nog versterking is gestuur om te help met die soektog.”

Joshlin Smith is Dinsdag deur haar ma as vermis aangemeld by die Saldanha-polisiestasie.

Volgens inligting het Joshlin op Maandag nie wel gevoel het nie. Sy het tuis gebly en is in die sorg gelaat van haar ma se kêrel. Die middag, nadat haar ma vanaf die werk tuis gekom het, was Joshlin soek. Die ma het navraag gedoen by bure en kennisse om vas te stel of iemand Joshlin moontlik gesien het, maar sonder enige sukses. Die ma se kêrel, wat verantwoordelik was vir Joshlin, kon ook nie rekenskap gee van waar sy haarself bevind nie.

Die sesjarige Joshlin was ten tyde van haar verdwyning geklee in 'n ligblou t-hemp-en-denimbroek.

‘n Volskaalse soektog is van stapel gestuur. Die span bestaan uit die ondersoekbeampte verbonde aan die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (FCS), sigbare polisiëringslede, rampbestuurpersoneel en 'n groot aantal gemeenskapslede.

Enigiemand met inligting oor waar die vermiste Joshlin is, word versoek om die ondersoekbeampte, Sers Millstine van Vredenburg FCS te kontak by 079-879-8588. Alternatiewelik kan Crime Stop gebel word by 08600-10111.

 

Redakteur: Anchen Coetzee
Subredakteur: Ethan Cane

Solidariteit verwelkom uitspraak oor NGV-ondertekening

Volgens die uitspraak kan die president se ondertekening of goedkeuring van die NGV inderdaad hersien word.
Pieter Jordaan

SA marks African World Heritage Day with focus on preservation and education

SANParks also acknowledged the day, stating that it remained committed to safeguarding the country’s natural heritage.
Anchen Coetzee

Another milestone for iOlogue Media as The Travel Thread takes flight

Mariana has explored the continent from bundu-bashing trails to the finest luxury destinations.
Charlotte Hayes

As elke dorp soos Ceres optree, sal die Kaap weer Hollands wees

Die organiseerders het die dag beskryf as 'n sterk begin vir 'n langtermynpoging om Ceres skoon en groen te hou.
Anchen Coetzee