Sedert sy ontstaan is Plaasmol Padstal 'n prominente kenmerk in die gemeenskap. Beslis nie jou standaard "padstal" nie.

Fenomenale Fransie praat sonder "airs" of "graces"

Posted in News by Anchen Coetzee on 24 May, 2022 at 8:29 a.m.

Op die R45, sowat vyf kilometer suid van Hopefield, in die rigting van Langebaan, sal jy een van dié streek se bes bewaarde geheime vind. Die Plaasmol.

Benewens familiebesit en -bedryf, beskik die plaas oor 'n koffiewinkel/restaurant, curio/geskenkwinkel, juwelierswinkel, ‘n kwekery en die immergewilde Route45 Waterhole.

Alhoewel ons blaaie vol kan skryf oor Die Plaasmol, stel ons meer belang in die vrou wat dit alles moontlik gemaak het. Verál omdat sy ‘n enkelouer is wat nooit gaan lê het nie, ongeag die hoeveelheid uitdagings wat die lewe voor haar deur kom stort het. Wanneer die woorde van haar eie lippe val, sal dit ook die beste, en mees onopgesmukte, weergawe wees.

'n Sterk vrou wat die kronkels en heuwels op haar eie pad reguit en plat gestap het, is Fransie Rossouw van die Plaasmol padstal gewis.

Al was Vrouedag reeds gevier in mooiste Maart, is daar geen rede hoekom ons dit nie ‘n lang stert kan gee, én dit kan sleep, Mei uit en Junie in nie.

Die liberale dame kan immers menig reël verbreek terwyl sy steeds die voormoeders behaag 😉.

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee