Voorraad foto: Erik Mclean@introspectivedsgn.

Ramaphosa moet vanaand regulasies verslap - Solidariteit Beweging

Posted in News by Admin on 1 February, 2021 at 4:34 p.m.

Die Solidariteit Beweging het vandag gesê dat daar geen rede meer bestaan hoekom die huidige vlak van die inperkingsmaatreëls nie vanaand al na vlak 1 verslap behoort te word nie. Dit volg nadat dit vroeër vandag bekend geword het dat pres. Ramaphosa die land vanaand weer gaan toespreek.

Volgens Flip Buys, voorsitter van die Solidariteit Beweging, het die aansteekkoers in die land tot so ‘n mate gedaal dat dit irrassioneel sal wees om die land op dieselfde inperkingsvlak te hou as wat dit op die kruin van die tweede vlaag was. “Die logika agter ‘n inperking is om die aansteekkoers tot so ‘n mate te verlangsaam dat die hospitale genoeg kapasiteit het om die aantal pasiënte wat versorging nodig het, te kan hanteer. Dit is egter tans nie meer ‘n risiko nie omdat die aantal gevalle so te sê gehalveer het, soos wat die tendens tydens die eerste vlaag ook was,” sê Buys.

Volgens Buys bestaan daar geen rede om die ekonomie verder aan bande te lê en sektore soos  toerisme en die drankbedryf, wat reeds bykans op hul knieë is, te vernietig met verlengde vlak 3-regulasies nie.

Voorts betoog Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, dat die regering se aandrang op inperkingsregulasies as enigste maatreël om die verspreiding van die virus te bekamp, baie kortsigtig is en boonop nie veel doen om die verspreiding van die virus te velangsaam nie. Dit slaag wel daarin om die publiek se wantroue in die regering te versnel.

“Die instelling van inperkingsregulasies wat met onmiddellike effek in werking tree sonder om met die publiek en die nodige bedrywe te konsulteer, moedig slegs die publiek aan om hul vertroue in die regering se vermoë om verantwoordelik en rasioneel op te tree, te hersien.”

Buys benadruk dat die tyd nou aangebreek het om die maatreëls dringend te verslap. “Ons boodskap is duidelik – maak die land oop en hou op om die publiek soos kinders te hanteer. Al wat erger is as die publiek wat hierdie krisis self bestuur, is die regering wat aanhou poog om dit te doen,” sê Buys. 

“Die Solidariteit Beweging glo dat die ekonomie tesame met gesonde werk en gesonde onderwys gesond oopgemaak kan word,” sluit Buys af.

Redakteur: Anchen Coetzee / iOlogue Media 
Ingedien deur: Johnell van Vollenhoven / Solidariteit Media- en Skakelbeampte

 

Rassebeleid dryf internetkoste op en jou selfoondata betaal die prys

Starlink bied bekostigbare internetdienste, terwyl maatskappye in SA veel duurder is.
Pieter Jordaan

Solidariteit bring hofaansoek teen sektorkodes binne die regsberoep

Solidariteit doen ’n beroep op regslui om die aksie teen die omstrede regsektorkodes te ondersteun.
Pieter Jordaan

Trump slaps tariffs on South Africa, leaving room for opportunity

Starting April 5, a universal 10% tariff will apply to imports from all countries, including South Africa.
Adam Morgan

Government enters new digital era as SARS, Home Affairs, BMA and GPW sign historic agreement

SARS has played an important role to assist DHA to develop its own sophisticated IT systems.
Anchen Coetzee