Voorraad foto: iStock.

VPI: Laat rentekoers onveranderd; dereguleer brandstofprys

Posted in News by Admin on 17 November, 2021 at 1:47 p.m.

Solidariteit het vandag aanbeveel dat die rentekoers môre onveranderd gelaat moet word en het weereens beklemtoon dat die regering die brandstofprys moet dereguleer. Dit volg nadat die VPI-koers vanoggend bekend gemaak is.
 
In ooreenstemming met die tendens die afgelope paar maande het die hooflyn VPI-koers wat op ʼn koers van 5% te staan gekom het weer nader aan die bopunt van die Reserwebank se teikenbestek geëindig.
 
“Brandstof is vandag ʼn skrikwekkende 23,1% duurder as ʼn jaar gelede. Ons moet druk op die regering uitoefen om gehoor te gee aan ons eise om die brandstofheffing te verlaag en om die prys ten volle te dereguleer. Mense moet genoeg geld hê om werk toe te kan gaan en kos te koop. Hoër brandstofpryse is net nóg ʼn regulasie wat ons ekonomie versmoor. Die vrye mark is doodeenvoudig ʼn beter prysbepaler as ons regering,” sê Theuns du Buisson, ekonomiese navorser by Solidariteit.
 
Volgens Du Buisson sal ʼn verlaging in die brandstofprys ook uitkring na voedselpryse, wat self ook op ʼn koers van 6,7% te staan gekom het. Hy wys verder daarop dat dit ʼn buitengewoon negatiewe uitwerking op die armes en mees kwesbares het en dat die regering sy verantwoordelikheid teenoor alle landsburgers, maar veral hierdie groep, versuim deur nie aan hierdie eise gehoor te gee nie.
 
“Die algehele VPI-koers is veral belangrik in ag genome die nuutste rentekoersbesluit wat môre aangekondig word. Die besluitnemers mag dalk gedruk voel om die rentekoers te verhoog, maar ons moet in ag neem dat die meeste faktore wat die VPI opstoot ekstern is, veral die skeepsvragkrisis en swak monetêre beleid in die VSA. Ons verwag daarom, en beveel ook aan, dat die rentekoers môre onveranderd gelaat word. Die rentekoers is nie die oorsaak van die hoë VPI-koers nie en ʼn styging kan die bietjie groei wat daar is ongedaan maak,” sluit Du Buisson af.

Ingestuur deur: Solidariteit Media

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee