Foto: Dragos Gontariu@dragos126

Hof beslis kleuters mag wel terug skool toe

Posted in News by Admin on 6 July, 2020 at 5:51 p.m.

Regter Hans Fabricius het vandag in die guns van die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers en die Solidariteit Skoleondersteuningsentrum (SOS) beslis dat private kleuterskole en dagsorgsentrums daarop geregtig is om onmiddellik te mag heropen indien hulle dit veilig kan doen.

Die twee organisasies het die saak teen die departement van maatskaplike ontwikkeling gevoer, omdat geen aanduiding van ’n vasgestelde datum gegee is ten opsigte van die heropening van hierdie instansies nie.

Volgens ’n mediaverklaring, uitgereik op 5 Junie, het die departement van maatskaplike ontwikkeling aangedui dat die sektor vir vroeë kinderontwikkeling, wat uit gr. R- en jonger leerders bestaan, nie tydens vlak 3-inperking sal heropen nie, maar Fabricius het dit as onregmatig verklaar.
 
“Ons is verheug oor die uitspraak. Dit beteken verligting vir duisende ouers vir wie dit nou weer moontlik gaan wees om hul kinders in die sorg van bekwame onderwysers te laat vir die stimulasie en leer wat hulle so broodnodig het,” sê Marisa Engelbrecht, sektorhoof van die Solidariteit Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers. “Wat nog meer gerusstellend is, is dat hierdie kinders nou weer in ʼn veilige omgewing kan wees en dat die kinders wat afhanklik van voedingskemas is, weer met vol magies kan leer en optimaal kan ontwikkel.”
 
Die beroepsgilde en die SOS het aangevoer dat die kleuterskole en dagsorgsentrums ter sake ten volle toegerus en voorbereid is om kleuters te ontvang binne die veilige omgewing wat hulle daargestel het, en daarom sou daar geen verdere rede wees om kinders te verhoed om skool toe te gaan nie.
 
Fabricius het ook beveel dat die departement Solidariteit en die SOS se regskoste in verband met hierdie saak moet dra. Die departement van maatskaplike ontwikkeling het versuim om sy hofstukke in te dien of om enige ander reaksie te toon soos gedurende hofprosesse van hom verwag is. In antwoord hierop het Fabricius sy sterk misnoeë teenoor die departement oor die hantering van die saak uitgespreek, veral aan die lig daarvan dat dit oor jong en weerlose kinders se beste belange handel.
 
“Volgens die uitspraak is die staat met geen ander keuse gelaat as om die heropening van private kleuterskole en dagsorgsentrums toe te laat nie. Onderwysers kan hul dienste hervat en die talle personeellede wat ook onder hierdie sinnelose stilswye van die departement gely het, kan nou weer daarna uitsien om gesond en veilig te werk. Hierdie oorwinning is nie net ʼn oorwinning vir private kleuterskole en dagsorgsentrums en hul leerders nie; dit is ʼn oorwinning vir elke Suid-Afrikaner wat wil opstaan teen die onbillikheid van die regering se inperkingsmaatreëls,” het Engelbrecht gesê.

Lees die uitspraak hier.


Redakteur: Anchen Coetzee
Subredakteur: Wahl Lessing
Ingedien deur: Solidariteit Media

Lees ook: Solidariteit gaan hof toe oor kleuterskole

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee