Foto: Tanaphong Toochinda@daen_2chinda

Solidariteit gaan hof toe oor kleuterskole

Posted in News by Admin on 8 June, 2020 at 6:17 p.m.

Solidariteit se Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers en die Skoleondersteuningsentrum (SOS) het hulle vandag tot die Pretoriase hooggeregshof gewend deur ’n dringende hofaansoek te loods om die minister van maatskaplike ontwikkeling en die minister van samewerkende regering te dwing om uitsluitsel te gee oor die opening van privaat kleuterskole en dagsorgsentrums. Dit volg nadat beide ministers versuim het om reaksie op die dringende skrywe wat op 4 Junie aan hulle gestuur is, te lewer.
 
As gevolg van die dringendheid daarvan het Solidariteit en die SOS van die hof versoek dat die saak so vinnig as 23 Junie op die rol geplaas moet word.
 
“Dit is verregaande dat departementele kleuterskole mag oopmaak, maar dat die privaat eweknie nie mag nie,” sê Marisa Engelbrecht,  sektorhoof by Solidariteit se Beroepsgilde vir Maatskaplike Werkers. “Dit is belangrik dat kinders gesond mag leer, dat onderwysers en skoolpersoneel kinders korrek kan stimuleer om tot hul volle potensiaal te ontwikkel, en vir ouers om hul kinders in ’n veilige, stimulerende skool opset te mag laat versorg terwyl hulle ’n inkomste verdien.”
 
Volgens Engelbrecht is die probleem veel dieper as bloot dat kinders verhoed word om by die skool op te daag. “In die vroeë ontwikkelingsfases van kinders is liggaamlike- en kognitiewe- ontwikkeling van uiterse belang en kan die uitstel van skoolbywoning baie negatiewe gevolge oplewer. Verder maak baie kinders by hierdie skole staat op voedingskemas wat by die skole aangebied word en benodig hulle ook ander maatskaplike hulp waarvan hulle nou ontneem word. Dit is duidelik dat deur te versuim om duidelikheid oor die kwessie te gee, die regering nie nou in die kinders se beste belang optree nie.”
 
Duisende ouers het ook met die aanvang van vlak 3 teruggekeer werk toe, wat dit nou noodsaaklik maak dat kleuterskole en dagsorgsentrums moet oopmaak sodat hierdie ouers ʼn heenkome vir hul kinders het.
 
“Privaat kleuterskole is ook sakeondernemings wat werk aan duisende Suid-Afrikaners verskaf. Die personeel en eienaars van hierdie skole en sentrums moet die reg hê om gesond te kan werk, net soos wat talle ander ondernemings nou daardie reg geniet,” sê Anton van der Bijl, hoof van Solidariteit se Arbeidsregsdienste.
 
Solidariteit en die SOS is die afgelope week oorval deur steun om die heropening van privaat kleuterskole te bespoedig. “Dit is in die belang van die kind, die ouer, die personeel en die eienaars van die skole en daarom gaan ons voort om hierdie aansoek voor die hof te bring. As die regering nie uit sy eie in sy landsburgers se beste belang wil optree nie, sal ons daarvoor veg,” sluit Van der Bijl af.

Redakteur: Anchen Coetzee
Ingedien deur: Solidariteit Media 

Rassebeleid dryf internetkoste op en jou selfoondata betaal die prys

Starlink bied bekostigbare internetdienste, terwyl maatskappye in SA veel duurder is.
Pieter Jordaan

Solidariteit bring hofaansoek teen sektorkodes binne die regsberoep

Solidariteit doen ’n beroep op regslui om die aksie teen die omstrede regsektorkodes te ondersteun.
Pieter Jordaan

Trump slaps tariffs on South Africa, leaving room for opportunity

Starting April 5, a universal 10% tariff will apply to imports from all countries, including South Africa.
Adam Morgan

Government enters new digital era as SARS, Home Affairs, BMA and GPW sign historic agreement

SARS has played an important role to assist DHA to develop its own sophisticated IT systems.
Anchen Coetzee