Image: truthseeker08/Pixabay. Digitally modified: Africa InTouch News.

Solidariteit en departement van toerisme op pad hof toe oor raskriteria vir Covid-19-hulp

Posted in News by Admin on 20 April, 2020 at 6:12 p.m.

Solidariteit vat die departement van toerisme op 28 April na die Noord-Gautengse hooggeregshof oor die departement se besluit om ras as kriterium te gebruik vir die toekenning van hulp tydens die Covid-19-krisis.
 
“Hierdie pandemie is nie ʼn krisis wat net sekere mense raak nie; die hele Suid-Afrika is in ʼn krisis gedompel. Toerisme word swaar getref, maar anders as die virus, gaan die departement van toerisme kyk na jou ras en sal op grond van jou velkleur teen jou diskrimineer,” sê dr. Dirk Hermann, bestuurshoof van Solidariteit. “Dit is jou velkleur, en dus nie die nood waarin jy verkeer nie, wat die bepalende faktor vir hulp gaan wees.”
 
In opponerende hofstukke wat deur die departement van toerisme ingedien is, word erken dat ras as kriterium vir die toekenning van hulp gebruik sal word. Hulle argumenteer dat hulle ingevolge swart ekonomiese bemagtigingsregulasies (SEB) hulp op grond van ras mag toeken.
 
“Dit is skokkend dat die departement van toerisme in hierdie krisistyd ʼn groter verbintenis met hulle rasse-ideologie as met die nood van alle Suid-Afrikaners het. Wat hulle vergeet, is dat werknemers, ongeag hulle ras, die swaarste getref gaan word deur hierdie besluit,” voer Hermann aan.
 
Solidariteit het op reeds 25 Maart ʼn klagte by die Menseregtekommissie ingedien nadat die regering aangedui het dat noodfondse op grond van ras toegeken sal word. Op 30 Maart is ʼn dringende aansoek op die departement beteken en die saak is geskeduleer om op 28 April in die Noord-Gautengse hooggeregshof aangehoor te word.
 
Die departement van toerisme het op 8 April gereageer met ʼn kennisgewing dat hulle Solidariteit in die hof sal opponeer. Nkhensani Kubayi-Ngubane, die minister van toerisme, het dit tydens ʼn mediakonferensie duidelik gestel dat hulpverlening bevooroordeeld en ten gunste van swart ekonomiese bemagtiging sal wees. Hierdie rassebenadering is in hul opponerende stukke bevestig.
 
Die burgerregte-organisasie, AfriForum, het op 14 April ʼn soortgelyke saak teen die departement van toerisme gebring. Solidariteit verwelkom AfriForum se aansoek.
 
“Op 28 April is ons in die hof en die departement sal sy rassisme in ʼn hof moet kom verdedig. Ons mag dit nie los en dit die norm laat word nie. Ons mag nie toelaat dat die regering nood op grond van ras bepaal nie,” het Hermann gesê.

Redakteur: Anchen Coetzee / Africa InTouch News
Ingedien deur: Solidariteit Media

Rassebeleid dryf internetkoste op en jou selfoondata betaal die prys

Starlink bied bekostigbare internetdienste, terwyl maatskappye in SA veel duurder is.
Pieter Jordaan

Solidariteit bring hofaansoek teen sektorkodes binne die regsberoep

Solidariteit doen ’n beroep op regslui om die aksie teen die omstrede regsektorkodes te ondersteun.
Pieter Jordaan

Trump slaps tariffs on South Africa, leaving room for opportunity

Starting April 5, a universal 10% tariff will apply to imports from all countries, including South Africa.
Adam Morgan

Government enters new digital era as SARS, Home Affairs, BMA and GPW sign historic agreement

SARS has played an important role to assist DHA to develop its own sophisticated IT systems.
Anchen Coetzee