Foto: Micheile Henderson @micheile

ANC wys ware kleure, skryf Solidariteit

Posted in News by Admin on 25 March, 2020 at 10:45 a.m.

Solidariteit het vandag ʼn klagte by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gelê en berei voor vir dringende litigasie teen die regering se planne om krisisbefondsing aan klein, medium- en mikro-ondernemings (KMMO’s) onderhewig aan swart ekonomiese bemagtiging (SEB) te maak.
 
Dit volg nadat daar tydens ʼn mediakonferensie ondubbelsinnig verduidelik is dat die hulp van die departement van kleinsake-ontwikkeling slegs op ʼn “demografies-verteenwoordigende” wyse beskikbaar gestel sal word en die departement van toerisme ʼn dokument vrygestel het wat daarop dui dat ten minste 70% van die fondse uitsluitlik na swart beheerde ondernemings sal gaan.
 
“Terwyl die res van ons voorwaar voorberei op ʼn tyd van krisis en ongekende swaarkry, sien die regering dit maar net as ʼn gulde geleentheid om sy aanstootlike rasse-ideologie af te dwing. Dit is afgryslik,” het Dirk Hermann, Bestuurshoof van Solidariteit, gesê.
 
Solidariteit voer aan dat dit een ding is om te sê dat SEB ʼn voorvereiste is vir staatskontrakte, maar dit is iets heeltemal anders as die president gesê het dat niemand mag sake doen nie en dan weier om sekere ondernemings te beskerm te midde van hierdie drastiese stap.
 
“As daar nog enigsins twyfel was oor ons regering se prioriteite, dan het hierdie standpunt nou enige onsekerheid uit die weg geruim. Die regering het dit effektief onwettig gemaak vir wit mense om ʼn kleiner onderneming te besit. Die regering beveel almal om hulle deure toe te maak, maar befonds dan slegs dié wat aan hul rassevereistes voldoen,” het Hermann afgesluit.

Redakteur: Anchen Coetzee / Africa InTouch News
Ingedien deur: Solidariteit Media

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee