Leier van die EFF, Julius Malema. Voorraad beeld: Shutterstock.

Solidariteit en AfriForum dien strafregtelike klagte in teen Julius Malema

Posted in News by Admin on 26 November, 2020 at 11:48 a.m.

Solidariteit en AfriForum het gister strafregtelike klagtes van laster, sameswering vir die aanhitsing tot geweld en aanranding deur middel van dreigemente by die Lyttelton-polisiekantoor ingedien teen Julius Malema, leier van die EFF.
 
Meer as 1 000 polisiebeamptes het Solidariteit genader met kommernisse oor dreigende uitlatings wat Malema onlangs teenoor lede van die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) gemaak het. Malema het onder meer gesê dat hulle (die EFF) nie bang is vir die polisie nie en met polisielede en hul families in hul eie huise in geveg sal tree. Malema sê die EFF sal polisielede “een vir een” in hul gemaksones aanvat en hulle leer dat geeneen die mag van die massas sal kan oorwin nie.
 
“Solidariteit is oorval deur polisielede van regoor die land wat hul skok, ontsteltenis en totale verontwaardiging uitgespreek het oor Malema se woorde en dreigemente. Dis onaanvaarbaar dat ’n politieke leier wat ’n eed afgelê het om die Grondwet en ander wetgewing van die land te eerbiedig en te respekteer in só ’n gewelddadige manier sal uitvaar teenoor die polisie,” sê Renate Barnard, Solidariteit se sektorkoördineerder vir die Openbare Sektor, wat ook met die polisie werksaam is.
 
“Dit is duidelik dat Malema nog steeds glo dat hy bo die reg verhewe is. Die rede waarom Malema hierdie opmerkings in die eerste plek maak, is omdat daar tot hede nie gevolge was vir al die vorige insidente waar hy openlik geweld aangehits het nie. Indien die polisie hierdie saak nie met die nodige erns hanteer nie, sal Malema dit as 'n bevestiging sien dat hy inderdaad bo die reg verhewe is," sê Ernst Roets, hoof van Beleid en Aksie by AfriForum.

AfriForum se privaatvervolgingseenheid sal die saak deurlopend monitor om te verseker dat geregtigheid geskied. Indien Malema nie deur die Nasionale Vervolgingsgesag vervolg word nie, sal die privaatvervolgingseenheid hom privaat vervolg.

Redakteur: Anchen Coetzee
Ingedien deur: Solidariteit Media

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee