Stock Image: GR Stocks@grstocks.

Comair-uitspraak: 'n Oorwinning vir werknemers en arbeidsverhoudinge

Posted in News by Admin on 23 November, 2020 at 4:36 p.m.

Solidariteit het vandag die uitspraak in die arbeidshof dat ʼn kollektiewe ooreenkoms tussen Comair en Solidariteit gehandhaaf word, verwelkom. Volgens Solidariteit bied hierdie uitspraak meer sekerheid en vertroue aan werknemers, werkgewers, sowel as die lugredery se beleggers.

“Dit was van kardinale belang dat hierdie ooreenkoms geldig bly om die voortbestaan van die lugredery te verseker en om dit vir hom moontlik te maak om op 1 Desember weer te begin vlieg. Honderde werknemers se werk word danksy hierdie ooreenkoms beskerm en die lugredery se volhoubaarheid word op die lang termyn bevorder,” verduidelik Derek Mans, organiseerder van lugvaart en verdediging by Solidariteit.

Solidariteit voer aan dat hierdie wending ʼn groter tendens in arbeidsverhoudinge in Suid-Afrika verteenwoordig en dat dit meer algemeen sal en moet word dat vakbonde en werkgewers mekaar om die onderhandelingstafel as vennote, eerder as opponente, benader.

“Ons ooreenkoms, en hierdie uitspraak, bevestig dat ons in ʼn nuwe wêreld van arbeidsverhoudinge leef. In ʼn post-Covid-19-wêreld sal partye tot arbeidsverhoudinge toenemend op grond van gemene belange en gemene gewin moet beding in plaas van die tradisionele benadering van opponerende belange,” stel Mans dit. “In die breë moet hierdie verwikkeling verwelkom word en in besonder met betrekking tot lugvaart waar die ganse bedryf steeds probeer herstel ná ʼn ongelooflike uitdagende jaar,” sluit Mans af.

Redakteur: Anchen Coetzee
Ingedien deur: Solidariteit Media

 

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee