Foto: Crystal Huff @crystalahuff.

Nederland bevraagteken opnuut grondonteiening en plaasaanvalle in SA

Posted in News by Admin on 27 October, 2020 at 10:52 p.m.

Drie Nederlandse parlementslede het in ʼn reeks vrae aan die Nederlandse minister van buitelandse sake, Stef Blok, opnuut hul kommer uitgespreek oor aanvalle op plase en die ANC-regering se beplande grondonteiening sonder vergoeding.

Dit volg nadat die Nederlandse parlement verlede jaar ʼn mosie teen grondonteiening sonder vergoeding aanvaar het, waarvolgens minister Blok Nederland se veroordeling van hierdie beleid aan die Suid-Afrikaanse regering moes oordra.

Die Solidariteit Beweging is die afgelope twee jaar aktief besig om regerings in Europa te versoek om meer druk op die Suid-Afrikaanse regering uit te oefen. Volgens Jaco Kleynhans, hoof van internasionale skakeling by die Solidariteit Beweging, is 12 vrae verlede week deur twee parlementslede van die sentristiese Christen-Democratisch Appèl (CDA), Martijn van Helvert en Jaco Geurts, en die leier van die Staatkundig Gereformeerde Partij (SGP), Kees van der Staaij, aan minister Blok gerig. Verlede jaar se mosie is deur die CDA en SGP ingedien, en is ook deur premier Mark Rutte se regerende party, die Volkspartij voor Vrijheid en Demokratie, sowel as die ChristenUnie, 50Plus, Forum voor Demokratie en die Partij voor de Vrijheid ondersteun.

Met die vrae wil die drie parlementslede duidelikheid hê oor die Nederlandse regering se skakeling met pres. Ramaphosa oor plaasmoorde en grondonteiening. Hulle vra die minister ook om dit te oorweeg om plaasaanvalle by die Verenigde Nasies se Menseregteraad aan te meld.

Volgens Kleynhans is daar steun vir ʼn goeie verhouding tussen Suid-Afrika en Nederland onder ʼn meerderheid van Nederlandse politici. “Tydens my ses besoeke aan Nederland die afgelope 18 maande, en in gesprekke met politici oor die hele politieke spektrum heen, is dit duidelik dat Nederlandse politici en sakelui graag die sterk verhouding tussen die twee lande wil voortsit en selfs verder wil uitbrei, maar dat daar ernstige kommer oor regeringsverval, korrupsie, veiligheid (insluitende plaasaanvalle) en eiendomsreg bestaan. Verskeie Nederlandse maatskappye doen sake in Suid-Afrika en oorweeg verdere uitbreiding hier, maar die beplande grondonteiening sonder vergoeding sal sulke investering in die wiele ry.

“Ons boodskap aan politici in twaalf lande in Europa met wie ons die afgelope tyd geskakel het, is dat ernstige druk op die Suid-Afrikaanse regering uitgeoefen moet word.”

Die Solidariteit Beweging is ook besig om steun by partye in die Europese Parlement te werf, met die hoop dat die Europese Unie standpunt sal inneem oor die situasie in Suid-Afrika.

Redakteur: Anchen Coetzee
Subredakteur: Wahl Lessing
Ingedien deur: Solidariteit Media

 

SA regering by VN-agentskap aangekla oor verbreking van ras-skikking

"Hierdie is die volgende stap in Solidariteit se stryd teen die rasmalheid van die Suid-Afrikaanse regering."
Pieter Jordaan

Soar into savings with OppiDam's winter specials

Set on the banks of Vygeboom Dam, OppiDam offers a variety of accommodation options.
Anchen Coetzee

Solidariteit verwelkom uitspraak oor NGV-ondertekening

Volgens die uitspraak kan die president se ondertekening of goedkeuring van die NGV inderdaad hersien word.
Pieter Jordaan

SA marks African World Heritage Day with focus on preservation and education

SANParks also acknowledged the day, stating that it remained committed to safeguarding the country’s natural heritage.
Anchen Coetzee