Foto: Noah Buscher @noahbuscher. Digitaal aangepas: AIT.

Solidariteit verwerp publikasieraad se nuwe regulasies as sensuur

Posted in News by Admin on 13 October, 2020 at 8:15 p.m.

Solidariteit het ’n persverklaring, met sy kommentaar op die konsepregulasies wat die Film- en publikasieraad (FPB) onlangs vir openbare insette gepubliseer het, ingedien. Daarin takel Solidariteit wat hy die regulasies se “drakoniese inperkings” op onder meer basiese regte soos vryheid van spraak en uitdrukking noem.

Volgens die regulasies sal alle aanlynverspreiders van inligting by die FPB moet registreer en alle inhoud eers vir klassifikasie ingedien sal moet word alvorens dit gepubliseer mag word. “Publikasie” sluit in enige drukvorm en aanlynplatform en is van toepassing op enige geskrewe of beeldmateriaal. Dit sluit selfs die publikasie van speletjies in. Fooie word dan gehef om te mag publiseer.

“Hierdie ontwerpregulasies is niks anders as ʼn nuwe vorm van sensuur wat die regering wil implementeer nie. Die regering is duidelik besig om regte in te perk en beoog om dít wat die wêreld en mense sien en lees te reguleer en te beheer. Dit is absoluut belaglik om te dink dat mense en ondernemings voortaan sal moet toestemming vra en ʼn fooi moet betaal voordat hulle enigiets in ʼn koerant of selfs op hul sosiale media mag publiseer,” sê Werner Human, adjunkbestuurshoof van strategie, regsake en navorsing by Solidariteit.

Die implikasies van hierdie regulasies strek egter veel wyer as internetdiensverkaffers of maatskappye en raak veral ook die kunste en kommunikasiebedrywe. Solidariteit het sy kommer uitgespreek dat hierdie regulasies nie net vryheid van spraak sal inperk nie, maar dat dit ook enige vorm van kommunikasie wat vir publikasie geskep word, sal dikteer.

“Ons kan nie toelaat dat die staat absolute sensuur op kreatiwiteit toepas nie. Mense in kommunikasie-, ontwerp- of skryfberoepe gebruik hul roepingsgawes om hul talente uit te leef. Die staat mag hulle nie van hierdie reg ontneem deur hul ontwerpe en woorde in te perk nie. Hierdie regulasies gaan net nog ’n manier wees waarop die staat aan ons wil dikteer wat om te sê, doen en ontwerp. Ons sal nie toelaat dat ons lede in hul beroepe geboelie word nie,” sê Marisa Engelbrecht, sektorhoof van Solidariteit se Gilde vir Kommunikasie en Bemarking.

Volgens Hennie Bierman, hoof van die gildes by Solidariteit, moet die regering dit in werklikheid makliker maak vir onder andere kunstenaars om hul werk te publiseer, en enige inperking op vryheid van uitdrukking deur die staat en sy ideologie moet ten sterkste teengestaan word. “Met hierdie regulasies is die regering besig om kunstenaars se lewensaar af te sny. Teenstand en selfs opstand deur kunstenaars is nodig waar sensuur ter sprake is,” sluit Bierman af.

Redakteur: Anchen Coetzee
Subredakteur: Wahl Lessing
Ingedien deur: Solidariteit Media

 

Rassebeleid dryf internetkoste op en jou selfoondata betaal die prys

Starlink bied bekostigbare internetdienste, terwyl maatskappye in SA veel duurder is.
Pieter Jordaan

Solidariteit bring hofaansoek teen sektorkodes binne die regsberoep

Solidariteit doen ’n beroep op regslui om die aksie teen die omstrede regsektorkodes te ondersteun.
Pieter Jordaan

Trump slaps tariffs on South Africa, leaving room for opportunity

Starting April 5, a universal 10% tariff will apply to imports from all countries, including South Africa.
Adam Morgan

Government enters new digital era as SARS, Home Affairs, BMA and GPW sign historic agreement

SARS has played an important role to assist DHA to develop its own sophisticated IT systems.
Anchen Coetzee