Photo: Bill Oxford@bill_oxford

EPPF moet dringend stappe teen Molefe doen, versoek Solidariteit

Posted in News by Admin on 31 January, 2020 at 1:36 p.m.

Solidariteit maan die Eskom Pension and Provident Fund (EPPF) om so spoedig moontlik al die nodige stappe te doen om te verseker dat die voormalige Eskom-bestuurshoof, Brian Molefe, gehoor gee aan die Noord-Gautengse Hooggeregshof se bevel.

Dit volg op die EPPF se aansoek by die hooggeregshof vir ’n bevel wat Molefe sal dwing om die beweerde R7,769 miljoen wat onregmatig aan hom betaal is, terug te betaal. Die hooggeregshof het in 2019 bevind dat Molefe persoonlik betrokke was by die onwettige toekenning van pensioengeld ter waarde van R30 miljoen. R10 miljoen daarvan is aan hom persoonlik uitbetaal.

"Dit is vir ons duidelik dat die EPPF eienaarskap en verantwoordelikheid neem vir hul wangedrag en onwettige aksies toe hulle aan mnr. Molefe sekere pensioengeld betaal het, maar dit is belangrik dat daar nou resultate sal wees,” sê Anton van der Bijl, Hoof van Arbeidsregsdienste by die vakbond Solidariteit, wat oorspronklik die saak teen Molefe aangevoer het.

Van der Bijl is bekommerd omdat Solidariteit nie by die laaste hofaansoek ingesluit is nie, aangesien die vakbond die dryfkrag agter die oorspronklike saak teen Molefe was, en nie die EPPF wat aanvanklik geweier het om Molefe te vervolg nie.

“Dit is maar net nog ʼn voorbeeld van die onnodige gesloer en vertragings wat reusewantroue in die EPPF by ons lede en ander Eskom-werkers tot gevolg het. Ons hoop regtig dat hierdie hoofstuk nou tot ’n einde kan kom, nie net ter wille van huidige Eskom-werknemers nie, maar ook ter wille van die Eskom-pensioenfonds se begunstigdes wat wag dat hierdie saak gefinaliseer moet word. Dit is verregaande dat so ʼn groot oorwinning teen korrupsie nie afgehandel word nie, bloot omdat die EPPF weier om die nodige stappe te doen om ʼn hofbevel af te dwing,” sluit Van der Bijl af.
 
Redakteur: Anchen Coetzee / Africa InTouch News
Ingedien deur: Solidariteit Media

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee