Rosenhof se mense gatvol om aan die agterspeen te suip

Posted in News by Anchen Coetzee on 11 January, 2020 at 2:07 a.m.

MOORREESBURG - Arnold Glasow het gesê: “An idea not coupled with action will never get any bigger than the brain cell it occupied.

Op Vrydagoggend het lede van die Moorreesburg Action Group van Rosenhof aksie geneem toe hulle soos een man opgeruk het na die dorp se stadsaal. Daar was ‘n sterk teenwoordigheid van wetstoepassers wat die groep te voet en per voertuig deur die strate vergesel het. Dit het ‘n vreedsame protes tot gevolg gehad wat genoeg geleentheid aan die sprekers gebied het om hul boodskap duidelik oor te dra.

By hul bestemming is ‘n memorandum met griewe, asook ‘n gewigtige dokument in boekvorm, aan die waarnemende munisipale bestuurder, Roelof du Toit, oorhandig. Hy was vergesel deur die direkteur beskermingsdienste, Philip Humphreys. Die memorandum bevat ‘n totaal van tien griewe, elk met ‘n kort verduideliking.

In die laaste item op die memorandum eis die groep die afdanking / bedanking van die burgemeester, Tijmen van Essen. Volgens een van die organiseerders van die optog, Jeremy Papier, het hy blykbaar klinklare bewyse ontvang vanaf 'n raadslid, waarin Van Essen homself skuldig gemaak het aan rassistiese uitlatings. 'n Afskrif van laasgenoemde het deel uitgemaak van die dokumente wat oorhandig is aan Du Toit.
Africa InTouch News het nie hierdie dokument gesien nie, maar beoog om verdere ondersoek in te stel.

Ons kwoteer die hoofitems verbatim:
(Sien voorlees van die memorandum HIER.) 

  • Behuising
  • Hoerskool (sic)
  • Elektrisiteit, Water en dienste
  • Ekonomiese bemagtiging
  • Spacial Development
  • Youth Development
  • Burgermeester (sic)

Die volgende drie griewe is ook neergepen:

  • Donkerkolle waar beligting benodig word
  • Die historiese ou begrafplaas van ons bruinmense moet aandag geniet
  • Klariteit oor wie se rol gesondheid is.

Volgens die lede van Moorreesburg Action Group, is Rosenhof se mense nou gatvol om aan die agterspeen te suip terwyl bruinmense op ander klein dorpe in die Swartland-omgewing, soos Piketberg en Darling, die appel van die munisipale oog is. Hulle het daarop aangedring om binne sewe dae werkbare oplossings vanaf Swartland Munisipaliteit te ontvang anders sal die gort gaar wees.

Du Toit het sy woord gegee dat die munisipale bestuur binne die voorgeskrewe tydraam op die hoofitems terugvoer sal lewer aan die Rosenhof gemeenskap.  

Hou Africa InTouch News dop vir opdaterings.

Storie & Beeldmateriaal: Anchen Coetzee / Redakteur

Solidariteit Beweging stel digitale kultuurtuiste bekend vir Afrikaners oraloor

“Ons wil Afrikaners help om hul taal, tradisies en waardes lewendig te hou."
Pieter Jordaan

iOlogue Media's new publication flips the script on markets and tech

The content is aimed at younger adults, but also resonates with anyone looking for a break from clickbait material.
Charlotte Hayes

Solidariteit verwelkom VSA-verslag oor plaasaanvalle

Die aankondiging dat die VSA die brutaliteit van plaasaanvalle erken word ten sterkste deur Solidariteit verwelkom.
Pieter Jordaan

Mitchell's Plain police seize firearms during gang patrol

A 28-year-old man was arrested and is facing charges related to the illegal possession of prohibited firearms and ammunition.
Anchen Coetzee